Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»VIA se nuutste reeks bring kykers eksklusief agter die skerms van Afrikaans is Groot
Nuus

VIA se nuutste reeks bring kykers eksklusief agter die skerms van Afrikaans is Groot

Redaksiespan20 Februarie 2026
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

VIA (DStv-kanaal 147) is gereed om kykers ’n unieke blik te gee op die emosionele reise van vyf van Suid-Afrika se geliefste kunstenaars terwyl hulle voorberei vir die grootste byeenkoms in Afrikaanse musiek.

Die oomblik, ’n ses-episode-werklikheidsdokumentêre reeks, begin op 22 Februarie 2026 en nuwe episodes sal elke Sondagaand om 20:00 uitgesaai word.

Die oomblik is ’n boeiende dokumentêre reeks wat kykers neem op ’n intieme reis saam met vyf uiteenlopende kunstenaars – Spoegwolf, Karlien van Jaarsveld, Dodo Nyoka, Demi Lee Moore en Appel – terwyl elkeen voorberei vir hul optredes by 2025 se Afrikaans is Groot-megakonserte in Pretoria.

“Die oomblik trek die gordyn oop vir ’n eksklusiewe kyk agter die skerms van Afrikaans is Groot en neem kykers saam op reis met van Suid-Afrika se geliefste kunstenaars. Ons ontmoet hul aanhangers en sien wat dit verg om uiteindelik die verhoog te betree,” sê Zandri Douglas, die regisseur van Die oomblik.

Elke episode bied ’n diep karakterstudie wat die kunstenaar se persoonlike reis asook ’n portret van die mense wat daardie oomblik vir hulle moontlik gemaak het: ondersteuners, toegewyde superfans, én Afrikaans is Groot se agter-die-skerms-span.

Die reeks begin twee maande voor die groot byeenkoms en bou geleidelik spanning op deur die weke van voorbereiding, intensiewe repetisies en reis, en kulmineer in ’n klimaktiese finale episode wat die al die spanning en aksie agter die konsert se skerms dek.

Lea Knoesen, die reeksvervaardiger van Die oomblik, voeg by: “Ons is so opgewonde om vir kykers ’n ware kykie te gee van wat agter die skerms by Afrikaans is Groot aangaan. Wat ’n voorreg om vyf van ons land se grootste kunstenaars te sien voorberei vir die grootste konsert van die jaar!”

Arnold Coleske, die uitvoerende vervaardiger van Afrikaans is Groot, is verheug oor die samewerking met VIA: “Ons is trots om vir die eerste keer in Afrikaans is Groot se geskiedenis die deur oop te maak en vir kykers ’n kykie in ons wêreld te gee.”

Kyk na die voorskou hier:

Episode-lys:

  • Episode 1 (22 Februarie) – Spoegwolf
  • Episode 2 (1 Maart) – Karlien van Jaarsveld
  • Episode 3 (8 Maart) – Dodo Nyoka
  • Episode 4 (15 Maart) – Demi Lee Moore
  • Episode 5 (22 Maart) – Appel
  • Episode 6 (29 Maart) – Agter die skerms by Afrikaans is Groot
  • Die oomblik begin op Sondag, 22 Februarie 2026 om 20:00 op VIA (DStv kanaal 147). Nuwe episodes word elke Sondag om 20:00 uitgesaai. Die volledige reeks sal ook beskikbaar wees op Catch Up en DStv Stream.
  • Kaartjies vir dié jaar se Afrikaans is Groot-konsertreeks open 31 Maart om 10:00 eksklusief op iTickets.
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.