Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Ruhan du Toit sê ‘totsiens’ vir die jaar met nuwe enkelsnit
Nuus

Ruhan du Toit sê ‘totsiens’ vir die jaar met nuwe enkelsnit

Redaksiespan19 November 2025
FOTO: Hendri Viljoen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ruhan du Toit, een van Afrikaans se mees geliefde en herkenbare stemme, sluit 2025 op ’n ligte en positiewe noot af met die uitreiking van sy nuwe enkelsnit, “Totsiens” – ’n liedjie wat perfek vasvang hoe ons met hoop en dankbaarheid die ou jaar groet en die nuwe een verwelkom. 

“Totsiens” is ’n vrolike, kontemporêre Afrikaanse liedjie wat handel oor die krag van verandering en die mense wat lig bring in moeilike tye. “Partykeer in die rofste tye het jy net daai een iemand nodig wat alles kom verander, sodat jy ‘cheers’ kan sê vir die slegte tye,” verduidelik Ruhan.

Dié liedjie is geskryf deur Georic Lomas en Marco van Deventer, twee name wat onlangs ook met die Aitsa-toekenning vir liedjieskrywer van die jaar weggestap het. Die lirieke en melodie bring die perfekte balans tussen inspirasie en energie – met Ruhan se kenmerkende stem wat die boodskap met opregtheid en warmte oordra.

“Ek wou die jaar afsluit met iets wat mense laat glimlag,” sê Ruhan. “Ons almal het dinge wat ons graag wil agterlaat – en ‘Totsiens’ gee jou daardie lekker gevoel van afsluiting én nuwe begin. Dis ’n liedjie wat mens kan luister of jy verlief is, of net klaar is met alles wat sleg was.”

Volgens hom is “Totsiens” bedoel om luisteraars positief te laat voel. “Ek hoop dit bring lig en vrolikheid – iets wat jy sommer enige tyd van die dag kan aansit om jou gemoed te lig,” voeg hy by.

Die musiekvideo, wat wat saam met die enkelsnit uitgereik word, bied ’n vars, egte kykie agter die skerms. Die produksiespan het doelbewus gekies vir ’n spontane “rehearsal”-styl video – sonder dat die orkes of videograaf die liedjie vooraf gehoor het. “Dit het die verfilming ongelooflik natuurlik gemaak,” sê Ruhan. Die video is by Upper East Side in Hazelwood, Pretoria verfilm, met Eric Graham en sy span aan die produksie, saam met Georic Lomas en Marco van Deventer.

Met “Totsiens” wys Ruhan du Toit weer hoekom hy een van die mees gerespekteerde kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf bly – ’n kunstenaar wat telkens nuwe lewe in die taal en sy musiek blaas.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.