Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Riana Nel keer terug met nuwe album ‘Sing’
Nuus

Riana Nel keer terug met nuwe album ‘Sing’

Redaksiespan3 Oktober 2025
FOTO: Lourensia Burger Photography
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Dis vyf jaar sedert Riana Nel laas ’n album uitgereik het, maar die wag is verby. Die bekroonde sangeres en liedjieskrywer stel nou haar nuutste album, “Sing”, bekend – ’n projek wat diep uit haar hart spruit en luisteraars opnuut gaan inspireer.

Die album bestaan uit sewe snitte – “Kies”, “Laat U Wil”, “Ek Wonder”, “Wat Nou?”, “Die Seën” – asook twee splinternuwe liedjies, “Sing” en “Vir Jou”.

“‘Sing’ is wat ek doen as my gedagtes begin dwaal. Want niks werk so goed soos sing om die stemme stil te maak nie. In die geval sing ek oor dinge wat vir my saakmaak. En soos Elvis gesê het: as dit gevaarlik is om te praat, sing,” vertel Riana.

Met hierdie album het sy haar benadering verander: “Hierdie keer voel ek minder bang. Ek maak nie meer musiek om die gehoor tevrede te stel nie. Ek maak kuns met ’n boodskap. Daar is ’n generasie wat rigting soek – en ek ken die pad,” sê sy.

Een van die mees persoonlike snitte, “Vir Jou”, het ontstaan uit haar eie vrae as ma: “Doen ek genoeg? Kan ek my kinders beskerm? Uiteindelik moes ek besef net God kan help. Hierdie liedjie is my oorgawe aan Hom – vir my kinders en vir wat ek glo,” verduidelik sy.

Die titelsnit “Sing” se musiekvideo is verfilm deur New Ending Media en beeld ’n kreatiewe konsep waar Riana teenoor haarself sing – ’n visuele voorstelling van die innerlike stryd oor selfbeeld en identiteit uit.

Kyk die musiekvideo hier:

Die album sluit ook “Die Seën”, Riana se duet met die gospelsanger Retief Burger  – ’n Afrikaanse weergawe van die internasionale treffer “The Blessing” deur Kari Jobe en Cody Carnes, wat reeds in 2022 groot impak gemaak het in.

Die ander liedjies – “Wat Nou?”, “Ek Wonder”, “Kies” en “Laat U Wil” – is in die afgelope twee jaar as enkelsnitte uitgereik. Laasgenoemde is veral besonders: “‘Laat U Wil’ het begin as ’n eenvoudige gebed saam met my kinders. Ek het dit nie geskryf met ’n mark in gedagte nie, maar in my kamer – net ek en God. Ek wou Hom eenvoudig vertrou,” sê Riana.

Met “Kies” bring sy weer ’n sterk boodskap: “Ek voel dinge gaan vinnig agteruit in die wêreld. Die vraag is – het jy al gekies?”

Riana som haar nuwe album só op: “Geloofwaardig. Dit is my oorloë wat ek geveg het en my stryd deurgevoer sodat ander hopelik iets kan wegvat, leer en verander in hulself.”

Met “Sing” bevestig Riana Nel nie net haar plek as een van Suid-Afrika se mees veelsydige kunstenaars nie, maar wys sy ook hoe diep haar kreatiwiteit en geloof verweef is.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.