Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»EDEN kom klop ná byna 10 jaar wéér!
Nuus

EDEN kom klop ná byna 10 jaar wéér!

Redaksiespan12 September 2025
FOTO: Hendri Viljoen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Dis byna tien jaar later, en die wens van duisende aanhangers is uiteindelik bewaarheid: die ikoniese musiekgroep EDEN is terug op die verhoog.

“Arnold het gevoel omdat Afrikaans vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier, moet ons daardie nostalgie terugbring,” vertel Paulo Azevedo.

EDEN het die Afrikaanse musiekbedryf betree in 2000 by Aardklop, toe hulle hul debuutalbum “If” uitgereik het. Die oorspronklike viertallige groep het bestaan uit Paulo Azevedo, Johan Vorster en Sean Else, Cornel Driessen. In 2003 het hulle die baanbrekersalbum “Point of No Return” bekendgestel. Nadat Sean die groep verlaat het, het Jay, Paulo en Johan die groep voortgesit en albums soos “EDEN” (2006), “Knieë Lam” (2008) en “Dekade” (2010) opgelewer. Met die album “Nooit Oud Raak Nie” het hulle in 2015 amptelik afskeid geneem.

Nou, in 2025, is die legendariese klanke van EDEN weer terug – hierdie keer as ’n drietal bestaande uit Jay du Plessis, Paulo Azevedo en Sean Else.

“Sean het sulke belangrike rol in die beginjare van EDEN gespeel,” verduidelik Paulo. “Ons is almal in amper in on vyftigs en het gedink: kom ons geniet dit net weer,” lag Sean.

Hul eerste optrede as die “nuwe” EDEN vind plaas by die Afrikaans is 100 Jaar Groot-konsert op 20 September 2025 in die DHL-stadion in Kaapstad. Net ’n week later, op 27 September, bedank hulle hul ondersteuners met ’n gratis optrede by Stoetbul in Pretoria – ’n spesiale geskenk aan die lojale aanhangers oor die jare heen.

As ’n kersie op die koek stel EDEN ook hul splinternuwe enkelsnit, “Kom Klop Weer”, bekend – geskryf deur Marco van Deventer, Georic Lomas, Paulo Azevedo en Bella Coleske.

“Die lirieke speel slim met titels uit ons vorige treffers. Vir enige ou EDEN-aanhanger gaan dit soos ’n tydreis voel,” sê Jay.

Die musiekvideo vir dié liedjie, vervaardig deur Eric T Graham en Tehan Buys van ETC Creative, vang juis hierdie nostalgie op ’n speelse manier vas. “Dit begin in ’n ouetehuis waar ons stokoud is, en eindig by Stoetbul waar ons soos altyd die lewe voluit leef,” verduidelik Paulo met ’n glimlag.

Kyk die musiekvideo hier:

Vir aanhangers beteken EDEN se terugkeer meer as net musiek – dit is ’n viering van herinneringe, vriendskap en die tydlose krag van Afrikaanse musiek.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.