Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Appel se vyfsnit kortspeler noukeurig verpak, pas uitgereik
Nuus

Appel se vyfsnit kortspeler noukeurig verpak, pas uitgereik

Redaksiespan5 September 2025
FOTO: Hendri Viljoen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die veelbekroonde liedjieskrywer en sanger Appel het pas sy splinternuwe vyfsnit-kortspeler, “Genesis”, op alle digitale stroomdienste bekendgestel. Twee van die snitte, “Die Boer Hier Binne My” en “Sterre”, is reeds vroeër in Augustus uitgereik en het groot aandag getrek. Nou is die volledige kortspeler vir luisteraars beskikbaar.

Die titelsnit, “Genesis”, is ’n diep persoonlike lied wat Appel se geloofsreis verwoord. “Ek begin elke jaar weer by Genesis… die dag as jy jou paaie kruis met die Here, is nie net ’n mooi oomblik nie. Dis jou eie begin. En as jy daai dag regtig raaksien, word die geraas van die wêreld net stiller. Jy en Hy bly oor. Minder van jou, meer van Hom,” verduidelik hy.

Met “Sterre” keer Appel terug na die vroeë dae van sy liefdesverhaal met sy vrou. “Sy het in die stad gebly en ek op die plaas. Die kilometers tussen ons was lank, maar die hemel was dieselfde. Wanneer ons verlang het, het ons opgekyk na dieselfde sterre en geweet ons is tog naby,” vertel hy.

“Die Boer Hier Binne My” is geïnspireer deur gesprekke met boere en werkers regoor Suid-Afrika. Appel sê: “Ek het gereeld gehoor hoe moeilik dit geword het om iets van nuuts af op te bou – veral in landbou. In daardie konteks het die woorde van Lukas 10:2 my getref: Die oes is groot, maar die arbeiders is min.”

Die fokussnit van die kortspeler, “Alice”, bring ’n ander energie. Geïnspireer deur 80’s-rock, beskryf Appel dit as die “swartskaap” van die EP: “Sy herinner my daaraan dat die lewe nie net gebed en swaar is nie, dis ook energie, chaos en musiek wat mag uitskiet.” Die musiekvideo, verfilm deur Eric T Graham en Tehan Buys, is ’n nostalgiese terugflits na skooldae – met algebra, ’n te mooi proefjuffrou en stoutgat kinders wat uiteindelik hul plek in die wêreld vind.

Die kortspeler word afgerond met Lemoenkloof, ’n lied wat Appel as rigtingwyser vir sy kind geskryf het. “Ek onthou daai aand in die Paarl by ’n gastehuis met rooi bakstene. Ek het in die wind ’n koor gehoor wat ek nie kon ignoreer nie. Twee weke later was daar ’n lied.”

Met “Genesis” bied Appel ’n unieke balans van geloof, liefde, inspirasie en nostalgie – ’n projek wat sekerlik diep gaan resoneer met sy luisteraars.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.