Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Riana Nel gee beheer oor met diep roerende nuwe enkelsnit
Nuus

Riana Nel gee beheer oor met diep roerende nuwe enkelsnit

Redaksiespan1 Augustus 2025
FOTO: Hendri Viljoen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die geliefde sangeres en liedjieskrywer Riana Nel het sopas haar mees persoonlike en geestelike enkelsnit tot op hede uitgereik: “Laat U Wil” – ’n liedjie wat haar diep geloofsreis en hart vir God op ’n eerlike en rou wyse weergee.

Wat begin het as ’n eenvoudige gebed saam met haar kinders – die woorde van die Onse Vader – het met tyd in Riana se hart ’n melodie begin vorm. Ná ’n jaar van musiekskryf, het sy eerder haar hart oopgebid: “Laat U wil geskied, Heer.” Vanuit daardie plek van oorgawe is “Laat U Wil” gebore – nie met ’n plan of mark in gedagte nie, maar as ’n spontaan-deurleefde stukkie aanbidding in haar kamer.

“Ek het nie hierdie liedjie geskryf om ’n treffer te wees nie. Dit was ek en God. Ek het dit geskryf omdat ek nie meer beheer oor alles wil hê nie. Ek vertrou Hom,” het Riana gesê.

Anders as haar vorige werk wat soms vanuit ’n evangelistiese perspektief gekom het, is hierdie liedjie eerder ’n weerspieëling van ’n persoonlike verhouding tussen Riana en God. Dis eerlik, sonder enige produksie-resep of kommersiële agenda.

“Ons het nie gekyk na ‘charts’ nie. Ons was nie gebind aan wat werk nie. Ons het bloot gehoop dit sou iemand anders ook in hulle stilte vind.”

Dié liedjie is saam met Graaff, Floors, Arnold en Paulo verwerk – ’n span wat nie net musikale bydraes gemaak het nie, maar ook deel geword het van die liedjie se geloofsreis. Die vryheid om eerlik musiek te maak sonder druk, het vir Riana bevrydend gevoel..

“Ek is nou in my middel-veertigs en weet nou meer as ooit: wanneer jy jou lewe neerlê, is dit waar jy werklik begin lewe.”

Riana hoop dat “Laat U Wil” nie net mooi klink nie, maar dat dit ’n indruk maak – dat dit mense sal herinner aan die krag en rustigheid wat kom wanneer mens beheer oorgee aan God. Dat dit mense sal help om weer Sy stem te hoor – veral in tye van onsekerheid.

“Ek bid dat mense sal besef: hierdie God is goed. Hy sien wat ons nie sien nie. Hy is ons Verlosser.”

Die musiekvideo – Riana se vyfde saam met Ryno Cronje van New Ending Media – is op ’n berg verfilm, met Riana wat op ’n klavier in die natuur speel terwyl die son skyn. Die eenvoud van die video reflekteer die essensie van die liedjie self: rou, eg, sonder versiering – maar met soveel diepte.

Kyk die musiekvideo hier:

“Ons eerste location het toe gewerk. Selfs die klavier is op wonderbaarlike wyse bo-op die berg gekry. Ek het gehuil. Alles het anders gewerk hierdie keer.”

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.