Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Dassie reik eerste kortspeler ‘Ek Mis’ uit – ’n eerlike blik op grootwordjare, kuier en klank

Redaksiespan27 Junie 2025
FOTO: Hendri Viljoen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Suid-Afrika het in 2024 kennis geneem van die jong en talentvolle Dassie toe hy sy debuutenkelsnit “Wyne” uitgereik het. Nou, met sy eerste kortspeler (EP) getiteld “Ek Mis”, bewys Dassie dat hy nie ’n een-treffer-wonder is nie, maar ’n opregte kunstenaar met ’n diepgewortelde liefde vir musiek, stories en mense.

“‘Ek Mis’ is ’n samevatting van my ervarings toe ek die huis verlaat het en die grootmenswêreld betree het. Al voel ek nou soos ’n grootmens, voel ek nog steeds soos ’n kind wat elke dag leer,” verduidelik Dassie. “Daarom het ek besluit om daardie nostalgie vas te vang in ’n liedjie.”

Die EP bevat ses liedjies – waaronder die reeds bekende “Wyne” – en vyf splinternuwe snitte wat Dassie self geskryf het: “Babelaas”, “Gourits”, “Plaashekke”, “Karoo” en die titelsnit “Ek Mis”.

“Al die liedjies behou ’n kuieratmosfeer, maar ek het met verskillende musiekstyle gespeel – van rock en country tot selfs ’n ballade. Dit help my om my voete te vind in die groot musiekbedryf sonder om myself tot een styl te beperk,” sê Dassie.

Die EP neem luisteraars op ’n reis deur Dassie se herinneringe en emosies – van die humoristiese “Babelaas”, tot die diep persoonlike “Ek Mis”, die nostalgiese “Gourits”, die hartslied “Karoo”, en die ontspanne wegbreektema van “Plaashekke”.

“Ek wou ’n atmosfeer skep waar mense saam kan kuier – of jy nou by ’n vuur sit of op pad is Karoo toe. My mikpunt was om iets divers te skep wat steeds eg voel,” sê hy.

Dassie werk saam met bekendes soos Appel (skryfmentorskap), Graaff Produksies (musiekproduksie) en Paulo by Coleske (finale produksie).

“Hierdie span het my gehelp om die beste weergawe van my musiek aan die wêreld te wys. Ek is ongelooflik dankbaar vir hul geloof in my.”

Met groot drome en ’n hart vir mense sê Dassie dat sy grootste wens is om lewendige vertonings te doen en mense saam te bring.

“As jy hoor ek tree iewers op – kom ondersteun ’n kleindorpseun met groot drome. Ek wil wys dis moontlik,” sluit hy af.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.