Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Chris Steyn en Bella se liedjie ‘Winter in die Kaap’ roer harte
Nuus

Chris Steyn en Bella se liedjie ‘Winter in die Kaap’ roer harte

Redaksiespan20 Junie 2025
FOTO: Hendri Viljoen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Hy het met sy sielvolle stem en sy kenmerkende plakkies die derde seisoen van Die Kontrak gewen. Sy is ’n kranige liedjieskrywer wat al vir van Suid-Afrika se grootste kunstenaars liedjies geskryf het. Nou snoer Chris Steyn en Bella kragte saam in hul eerste enkelsnit as ’n duet, getiteld “Winter In Die Kaap”.

“Ek en Bella het die liedjie saam geskryf en nooit gedink dat ons dit eendag sou saam sing nie, maar nou is dit ’n realiteit en ons is baie opgewonde daaroor,” sê Chris.

“Winter In Die Kaap” verken die uitdagings van ’n verhouding tydens moeilike tye – vergelyk met die gure Kaapse winter – maar bring ook ’n boodskap van hoop, liefde en herstel. “Dis daardie gevoel van verlange – nie net na plekke nie, maar na mense en tye wat verby is, en steeds ’n plek in jou hart het,” verduidelik Bella. “Nostalgie is die hartklop van hierdie liedjie.”

Chris voeg by: “Die liedjie gaan oor ’n tyd in ’n mens se lewe wanneer dinge moeilik is, en jy wens daar was iemand om jou vas te hou en vir jou raad te gee. Dit is eerlik en rou.”

Die samewerking tussen Chris en Bella het oor tyd gegroei. Dié twee het reeds in 2023 saam begin liedjies skryf en nou, twee jaar later, deel hulle ’n liedjie wat vir albei persoonlik betekenisvol is. “Bella het ongelooflike kennis van musiek en weet hoe om ’n liedjie te verryk met melodieë en gevoel. Ek het baie geleer deur saam met haar te werk,” sê Chris.

Bella beskryf dié ervaring as ’n hoogtepunt in haar loopbaan: “Ek het nooit gedink ek sal ooit self iets uitreik nie, ek sien myself steeds meer as ’n liedjieskrywer as ’n sanger. Maar om hierdie liedjie – wat so na aan my hart is – saam met Chris te sing, is iets besonders.”

Die musiekvideo vir “Winter In Die Kaap” is deur Elias verfilm in die pragtige, maar yskoue omgewing van Stellenbosch en Somerset-Wes. “Dit was seker die twee koudste dae van my lewe!” lag Chris. “Die wind het ons amper van die berg afgewaai.” Vir Bella, wat tans in Stellenbosch studeer, was die verfilming ’n ekstra spesiale ervaring: “Al het ons gevries, was dit een van die lekkerste dae – en definitief iets wat ek nooit sal vergeet nie.”

Kyk die musiekvideo hier:

Met “Winter In Die Kaap” bring Chris en Bella nie net hul kreatiewe vermoëns bymekaar nie, maar ook hul harte – en dit weerklink in elke noot.

“Ons hoop luisteraars vind aanklank by die emosie in die liedjie. Dis ’n herinnering dat ons almal moeilike tye beleef, maar ook dat daar altyd hoop is,” sluit Chris af.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.