Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»‘Die Vyftigers’: ’n Rooiwarm vertoning vir ’n eenmalige Afrikaanse viering!
Nuus

‘Die Vyftigers’: ’n Rooiwarm vertoning vir ’n eenmalige Afrikaanse viering!

Redaksiespan12 Junie 2025
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

2025 is nie sommer nét ’n jaar nie – dis ’n tydlyn vol geskiedenis, hartklop en herinneringe. Dis die jaar waarin Afrikaans haar 100ste amptelike bestaansjaar vier, en vier van die taal se mees unieke stemme hul 50ste lewensjaar betree. In hierdie seldsame samevloei van tyd en talent, word Die Vyftigers gebore – ’n eenmalige, rooiwarm musiekvertoning wat klop soos ’n hartslag deur die eeu van Afrikaans.

Neil Sandilands, Schalk Joubert, Gian Groen en Abel Kraamsaal is nie net kunstenaars nie – hulle is storievertellers, woordsmousers, toonsetters en tydgenote. Vier unieke kreatiewe geeste, elk met vyftig jaar se lewe agter die rug en ’n diep liefde vir Afrikaans in hul hart. Saam bring hulle meer as 200 jaar se kollektiewe lewenservaring na die verhoog – ’n verhoog waar hul verhale, lirieke en melodieë ontvou in eerlike, rou en soms aweregse klanke.

Die vonk het ontstaan tussen die appelbome van Grabouw, tydens Gian Groen se 50ste verjaarsdagpartytjie – ’n spontane jam-sessie wat in pure inspirasie ontaard het. Neil Sandilands het die idee laat posvat: vier vriende, vier verjaarsdae, een taal – ’n once-in-a-lifetime produksie. Binne dae was almal aan boord en Die Vyftigers het vlerke gekry.

Die stem van vier vyftigers

  • GIAN GROEN – Die man agter “Vier Seisoene Kind”, met sy kenmerkende vingerkitaarstyl en rou, eerlike lirieke.
  • SCHALK JOUBERT – ’n legende in die Afrikaanse musiekbedryf, anker van klank, meester van die baskitaar, en musikale regisseur van dié projek.
  • ABEL KRAAMSAAL – Ná jare in die korporatiewe wêreld is hy terug op die verhoog, met nuwe stories en ’n stem wat brand van honger om weer gehoor te word.
  • NEIL SANDILANDS – Die akteur, sanger, digter, en hofnar. Hy bring siniese humor, visuele flair en ’n fyn balans van teater en musiek.

Die Vyftigers is nie net ’n musiekvertoning nie – dis ’n viering van taal, tyd en identiteit. Deur oorspronklike musiek uit elke kunstenaar se repertoire, asook splinternuwe liedjies wat spesiaal vir die produksie geskryf is, word gehore geneem op ’n reis deur persoonlike narratiewe, Afrikaanse geskiedenis en tydlose temas. Elke nota, elke sin, elke stilte – ’n gebed vir Afrikaans, vir kreatiwiteit, vir saamwees.

Sandilands beskryf dit só: “Wat kry jy as jy vier duidelike persoonlikhede op een verhoog sit, wat elk ’n instrument bespeel, ’n ordentlike liriek kan pen en derms het wat brand? Sprankel ’n aweregse Afrikaanse woordeskat, sprinkel ’n titsel selfnegerende humorsin, ’n spatsel witblitz, ’n slurpie Boere Zen en ’n draggie 50 jaar oue hardehout. Daar het jy dit. Die resep vir ’n aand se eersteklas vermaak: ‘Die Vyftigers’.”

Met slegs een toer oor ’n paar maande en ’n beperkte hoeveelheid kaartjies, is Die Vyftigers iets wat jy nie wil misloop nie. Van Paternoster tot Pretoria, George tot Potchefstroom – die vyftigers reis die land vol om hierdie eenmalige kultuurprojek te deel met almal wat Afrikaans liefhet.

Hoogtepunte van die toer sluit in:

  • 10 Julie – Die Koelkamers, Paternoster
  • 11 Julie – Daisy Jones Bar, Stellenbosch
  • 12 Julie – Die Boer, Durbanville (UITVERKOOP)
  • 13 Julie – The Drama Factory, Strand
  • 31 Julie – The Music Kitchen, Gqeberha
  • 3 Augustus – Fancourt, George
  • 9 Augustus – Kalfiefees, Hermanus
  • 21–22 Augustus – Afriforum Teater, Pretoria
  • 20 September – Lake Umuzi Fees, Secunda
  • 26–28 September – Finale optredes in Centurion en Potchefstroom

Kaartjies is beskikbaar via spesifieke skakels vir elke venue – besoek: https://linktr.ee/DieVyftigers vir alle besprekings en bykomende inligting.

Vier lewens. Een taal. ’n Eeu van klank. ’n Aand wat jy nooit sal vergeet nie.
Moenie die Die Vyftigers misloop nie – dis nie net ’n vertoning nie, dis ’n gebeurtenis in ons Afrikaanse geskiedenis.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.