Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Anton Myburgh se roerende lied van bevryding en aanvaarding
Nuus

Anton Myburgh se roerende lied van bevryding en aanvaarding

Redaksiespan11 Junie 2025
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Met sy nuwe enkelsnit, “Wat Verby is, is Verby”, lewer Anton Myburgh ’n eerlike en diep menslike bydrae tot die Afrikaanse musieklandskap – een wat handel oor loslaat, aanvaarding en die moeilike, maar noodsaaklike pad na innerlike bevryding.

Die lied open met die woorde: “As jy nie kan vergeet nie en toue hou jou vas …” – ’n beeld wat onmiddellik die toon aangee. Dié “toue” verwys na emosionele letsels, pynlike ervarings en herinneringe wat mense vasbind aan die verlede. Volgens Myburgh is dit juis hierdie onverwerkte pyn wat ’n mens se lewe kan verander. “Daar is dinge wat met mense gebeur wat baie erg is,” sê hy. “Dis moeilik om te vergeet, en dit hou jou vas.”

Die simboliek van “verbrande as” in die lirieke beklemtoon die finaliteit van dit wat verby is. Die verlede kan nie herskryf word nie, hoe graag ’n mens dit ook al sou wou doen. “’n Mens kan nie jou verlede verander nie,” erken Myburgh eerlik. Hierdie besef vorm die emosionele kern van die lied.

Tog is “Wat Verby is, is Verby” nie ’n klaaglied nie. Dit is eerder ’n verhaal van groei en aanpassing. In vers twee sing hy: “Sonder lig is daar geen donker …” – ’n gedagte wat hy nie as blote filosofie beskou nie, maar as ’n lewenswaarheid. “Dis ’n realiteit,” sê hy. “’n Mens moet aanpas en vorentoe gaan.”

Vir Myburgh is die aanvaarding van die hede ’n aktiewe keuse. “’n Mens leef nou, nie gister of môre nie,” glo hy. Terwyl goeie herinneringe gekoester moet word, is sy boodskap duidelik: dit wat seermaak, moet nie ’n mens se toekoms bly bepaal nie.

Een van die mees aangrypende beelde kom in vers drie: “Elke afdraaipaadjie ken jy …” Dit verwys na die keuses wat mense maak om pyn te vermy. “’n Mens draai af omdat jy slegte goed wil vermy,” verduidelik hy. Tog erken hy dat elke afdraaipad, elke moeilike besluit, deel word van wie ’n mens is – en in sy geval, van sy kunstenaarskap.

Die lirieke spreek openlik van innerlike pyn, skuld en emosionele bagasie. “As jy slegte goed nie uit jou geheue haal nie, raak dit te groot om te hanteer,” sê Myburgh. Tog is daar ook ’n sagte deernis wat deur die lied loop, veral in die reël: “Ek wil jou seer vir jou weg vat …” Al hou hy die inspirasie agter die lied privaat, is dit duidelik persoonlik van aard – amper soos ’n stille gebed om genesing.

In ’n latere vers wys Myburgh sy empatie vir ander se onsigbare pyn: “In jou bloues sien ek seerkry, vir die res van die wêreld smile jy …” Dit beklemtoon sy vermoë om verby uiterlike glimlagte te kyk. “As jy regtig omgee,” sê hy, “sal jy voel wanneer iemand binne-in hartseer is.”

Uiteindelik is “Wat Verby is, is Verby” ’n lied oor vryheid – nie net vryheid van ander nie, maar ook van jouself. “Bevryding is die doel,” verduidelik Myburgh. “Bevryding van die toue wat ander om jou gedraai het, of wat jy self om jou gedraai het.”

Met hierdie enkelsnit skep Anton Myburgh meer as net ’n luisterervaring. Hy skep ruimte vir selfondersoek, genesing en nuwe beginne. Want soos die lied dit stel: “Wat verby is, is verby. Net die hede bly.”

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.