Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’
Nuus

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Redaksiespan16 Mei 2025
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

In Desember 2024 plaas ’n jong, passievolle musikant van Robertson ’n eenvoudige, maar treffende TikTok-video waarin hy vir Demi Lee Moore se gewilde liedjie “Mis Eet Slaap Herhaal” ’n nuwe baadjie aantrek. Dié video vang nie net die harte van meer as 80 000 kykers nie, maar ook die aandag van Coleske Artist — wat hom gou daarna ’n platekontrak aanbied.

Nou, skaars vyf maande later, reik JACOBUS sy debuutenkelsnit “Gat In Jou Sak” amptelik uit op 16 Mei. Dié liedjie is ’n vars, eerlike weergawe van Afrikaanse kontemporêre musiek — met ’n sterk storielyn en ’n rou, akoestiese klank wat reeds by aanhangers aanklank vind.

“‘Gat in jou sak’ was baie spontaan geskryf,” vertel JACOBUS. “Ek en my broer was op pad plaas toe en toe kry ek die idee van iets verloor deur die gat in jou sak. Teen die tyd wat ons weer by die huis was, het ek met my kitaar gaan sit en die hele storie het eenvoudig uitgevloei.”

Hoewel JACOBUS hom tans toespits op sy wynkundestudies aan die Universiteit van Stellenbosch, bly musiek sy grootste liefde. Hy het op ’n wynplaas grootgeword en vertel dat sy pa se betrokkenheid by wynmaak daartoe gelei het dat sy twee passies – wyn en musiek – natuurlik saam ontwikkel het.

“My musiek fokus baie op storievertelling en om ’n gevoel te skep rondom die woorde. Ek dink die rou klank van die kitaar help om die boodskap van ‘Gat in jou sak’ regtig tuis te bring.”

Sy familie is vir hom ’n onmisbare deel van sy kreatiewe proses. “Ek weet ek kan altyd op hul eerlike terugvoer staatmaak. Of dit nou ’n nuwe liedjie is of net ’n idee — hulle dra by tot elke deel van my musiek.”

Vir JACOBUS is die vrystelling van “Gat in jou sak” ’n droom wat bewaarheid word. “Dit voel onwerklik. Om my musiek met die wêreld te kan deel is iets waarvoor ek lank gewag het. Ek hoop mense kan hulleself vereenselwig met wat ek probeer sê — of dit hulle beter laat voel oor iets, of net ’n bietjie geluk bring.”

Dié liedjie gaan gepaard met ’n pragtige musiekvideo wat deur Elias verfilm is. Die TikTok-ster Mila G speel die vroulike hoofrol, en haar natuurlike kamera-teenwoordigheid en sin vir humor het perfek ingepas by die storielyn. “Ons wys hoe iets klein, soos ’n emosionele glips of misverstand, kan lei tot die verlies van iets spesiaal – soos om iets deur ’n gat in jou sak te verloor. Dis visueel baie mooi.”

Kyk die musiekvideo hier:

JACOBUS, wat aan Hoërskool Boland Landbou gematrikuleer het, is al van jongs af musikaal. Hy het vir vyf jaar klavier gespeel en selfs vir ’n jaar tjello aangepak. Sport het ook ’n groot rol in sy lewe gespeel, totdat beserings hom gedwing het om sy fokus meer op musiek te plaas.

As jy hom vra met wie hy eendag graag ’n duet wil opneem, antwoord hy sonder huiwering: “Demi Lee Moore. Sy was nog altyd op my playlist. My weergawe van ‘Mis Eet Slaap Herhaal’ het vir my deure oopgemaak, so dit sal ongelooflik spesiaal wees om eendag iets saam met haar te doen.”

Met ’n unieke klank, sterk waardes, en ’n natuurlike aanvoeling vir storievertelling, is dit duidelik: JACOBUS is ’n nuwe stem in die Afrikaanse musiekwêreld om dop te hou.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.