Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Demi Lee Moore en Eloff se duet is ’n onverwagse, treffende kombinasie
Nuus

Demi Lee Moore en Eloff se duet is ’n onverwagse, treffende kombinasie

Redaksiespan15 November 2024
FOTO: Hendri Viljoen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

In die musiekbedryf gebeur daar soms iets wat almal verras – soos die splinternuwe duet tussen twee van Suid-Afrika se grootste musiektalente, Demi Lee Moore en Eloff. Dié twee kunstenaars het saamgewerk aan die vakansietreffer, “As Ek Dalk”, wat pas uitgereik is.

Die liedjie, geskryf deur die talentvolle Emil Paul, verken die universele tema van spyt en die wens om sekere oomblikke in die verlede te kon verander. Emil is ook bekend vir sy werk aan Demi Lee Moore se treffer “Hart Breek”, wat met ’n Aitsa Afrikaanse Musiektoekenning bekroon is vir Meeste Stromings deur ’n Vroulike Kunstenaar.

“Die liedjie vertel van daardie oomblikke waar jy wonder hoe dinge sou uitdraai as jy net een ding anders gedoen het – soos om op die regte tyd totsiens te sê,” sê Eloff. “Dis iets waarmee ons almal kan identifiseer.”

Demi Lee voeg by: “Ons almal het dinge waaroor ons spyt is. Dit klink cliché, maar as ek eerlik is, sou ek sommige dinge in my lewe wél wou verander. Hierdie liedjie is ’n weerspieëling van daardie gevoel.”

Die musiekvideo van “As Ek Dalk” is verfilm in die asemrowende Ponto do Ouro in Mosambiek. Met die regie deur Eric T Graham en Tehan Buys, bied die video ’n vakansiegevoel wat die tema van verlange en herinneringe op die strand perfek vasvang. Hierdie span was ook verantwoordelik vir Demi Lee se “Hart Breek”-musiekvideo, wat met ’n Aitsa Afrikaanse Musiektoekenning vir Musiekvideo van die Jaar bekroon is.

Sedert haar oorwinning in Die Kontrak se eerste seisoen in 2018, het Demi Lee ’n blywende indruk gemaak in die musiekwêreld. Haar debuutalbum “Mis Eet Slaap Herhaal” het haar ’n geliefde naam gemaak, met verdere treffers soos “Kan Jou My Nie Maak Liefhê” en “Wie Se Hart Breek Jy Vanaand”.

Eloff het onmiddellik aandag getrek met sy debuutenkelsnit “Johnnie Blou”. Met sy unieke stem en energieke styl het hy verder naam gemaak met liedjies soos “Witblits”, “Koue Kole”, en sy onlangse enkelsnit “Vlerke”.

Met “As Ek Dalk” bring Demi Lee Moore en Eloff hul onderskeie talente bymekaar in ’n kragtige samewerking wat luisteraars emosioneel sal roer.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.