Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Leo Sonskyn se eerste Afrikaanse enkelsnit is ’n bewys van ‘aanhouer wen’
Nuus

Leo Sonskyn se eerste Afrikaanse enkelsnit is ’n bewys van ‘aanhouer wen’

Redaksiespan30 Augustus 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Met sy diep, betowerende stem het Leon van Zyl, bekend as Leo Sonskyn, homself tot in die top-5 van die derde seisoen van Die Kontrak gesing. Nou is Leo terug in die kollig met sy eerste Afrikaanse enkelsnit, Amper Daar.

“Die liedjie is baie na aan my hart,” vertel Leo. “Ek het dit geskryf in ’n tyd wat my hart amper wou opgee, nie net op musiek nie, maar op die wêreld. Dis ’n liedjie van vasbyt en aanhou, wat wys jy kan enige iets doen as jy jou mind tot dit stel en in die Here se wil lewe.” 

Amper Daar is deur Leo self geskryf, met bydraes van vriende wat oor die jare idees bygevoeg het. Dié liedjie vertel die verhaal van ’n jong musikant wat doelgerig is, maar nog nie heeltemal sy doel bereik het nie. Hy het baie talent, maar spits sy potensiaal op die verkeerde dinge. Met uithouvermoë en die Here se hulp, kan hy egter sy drome verwesenlik.

Volgens Leo beteken dit vir hom die wêreld om sy heel eerste Afrikaanse enkelsnit uit te reik. Hy glo baie mense sal met die liedjie kan vereenselwig. “Ek weet nie hoe die publiek dit gaan ontvang nie, maar ek weet my hart en siel en baie harde werk is in hierdie liedjie en ek hoop dit bring iets spesiaal na die Afrikaanse mark,” sê hy. “Ek hoop dit bring hoop en vreugde aan almal wat dit luister.”

Leo is ook opgewonde oor die musiekvideo wat tans in die pyplyn is en wat deur Leon Barnard Studios opgeneem gaan word. “Dit gaan die storie vertolk van ’n sukkelende musikant wat nooit opgee op sy liefde vir musiek en mense nie,” verduidelik hy.

Kyk die musiekvideo hier:

Hy hoop dat Amper Daar so goed sal vaar dat hy verdere liedjies kan uitreik en die land met sy musiek kan plattoer. Vra jy hom oor sy hoogtepunte tot dusver, antwoord hy nederig: “Hoe die publiek my as kunstenaar ontvang en die oorweldigende ondersteuning wat hulle bied.” Leo waardeer ook sy tyd op Die Kontrak en die geleenthede om met sy musiekhelde te werk en aan toere en feeste deel te neem.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.