Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Sangers vereer vir hul werk tydens glans toekennings aand

Redaksiespan Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

FOTO: Verskaf

Van die grootste name in Afrikaanse musiek het onlangs saamgetrek by die AfriForum Teater in Pretoria vir Die Vonk Musiek erkennings aand in samewerking met Vonk Musiek en Coolerbox Records.

Dié spogaand is aangebied deur die Musiek Paniek-aanbieder en RSG omroeper, Carla Mackenzie en sanger Stefan Jansen, wat voor ’n gehoor van 150 gaste kunstenaars erkennning gegee het vir hulle bydrae tot Afrikaanse musiek.

Carla Mackenzie en Stefan Jansen was die aanbieders van die aand.

Glanspersoonlikhede en bekendes wie genooi is na die eksklusiewe aand het aangesit vir ete en ’n program gelaai met akoestiese vertonings deur van die land se mees gerekende musikante.

Sangers soos Henning Joubert en Tino het die program afgeskop met ’n hoendervleis mooi weergawe van Transkaroo en gaste is later vermaak deur kunstenaars soos Dozi, Willem van der Ryst, Simoné Roets, Ray Dylan, Gian Groen en Juan Boucher.

Die gehoor het ook ’n voorsmakie geniet van ’n nuwe projek tussen Jan Blohm en Ryno Velvet toe hulle hul nuwe lied Tussen Die Lyne opgetree het en is voorgestel aan nuwelinge, Zaan Sonnekus, Vrede en Gift Matjila.

Jan Blohm en Ryno Velvet in aksie.

Kunstenaars is natuurlik verhoog toe genooi om erkenning te kry in katogorieë vir strome op musiek en speelbeurte vir musiekvideo’s op YouTube. Hierdie erkennings is verdeel in goue status, platinum, dubbel-platinum en multi-platinum.

Onder die enkelsnit toekennings is die groep Twee erken met goue status vir hulle treffer, Ek sweer en Jan Rhaap vir Huisie In Die Bos. Beide Juan Boucher en Jan Blohm is elk met vyf toekennings in hierdie kategorie vereer.

Onder die YouTube kategorie is Stefan Jansen, Ray Dylan, Wouter van de Venter en Virander vir hul onderskeie videos erken. Beide Jan Rhaap en die sanger Frikkie het elk erkenning vir twee van hul video’s ontvang. Jan Blohm is erken vir vyf video’s en en Juan Boucher het skoonskip gemaak met 16 video’s wat onderskeidelik goud, platinum, dubbel-platinum of multi-platinum status behaal het.

Daar is ook erkenning gegee aan kunstenaars wie se liedjies nommer een op verskillende radio stasies behaal het. Juan Boucher, Jan Blohm, Dozi, Morné, Herman Kleinhans, Jan Rhaap, Ray Dylan asook nuweling Zaan Sonnekus is in hierdie kategorie erken.

Die FAK het ’n spesiale bydrae tot die aand gelewer en vir Dozi en Gian Groen vereer vir hul positiewe bydrae tot die ontwikkeling van Afrikaanse musiek.

Voor Juan Boucher die aand op ’n hoë  noot afgesluit het, is hy en Jan Blohm met Groen Status toegeken, vir hul musiek wat meer as tien miljoen keer gestroom is.

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.