Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Afrikaans Gaan Global: 12 Ure en 26 kunstenaars!
Nuus

Afrikaans Gaan Global: 12 Ure en 26 kunstenaars!

Redaksiespan12 Augustus 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

’n Lewendige stroomkonsert, Afrikaans Gaan Global, sal op Saterdag, 5 September, grense oorskry om verligting te skep onder die donker COVID-19-wolk. Hierdie vertoning is uniek in sy soort met 12 ure se ononderbroke topgehalte vermaak met 26 van die land se grootste kunstenaars onder andere Kurt Darren, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Karlien van Jaarsveld, Elandré, Jay, Refentse, Robbie Wessels, Ricus Nel, Dirk van der Westhuizen, Brendan Peyper, Christia Visser, Appel en vele meer.

Hierdie regstreekse konsert sal deur aanlyngehore regoor die wêreld geniet kan word en aanhangers in Australië, Nieu-Seeland, Europa, Engeland, Kanada, VSA en natuurlik almal van regoor Suid Afrika en Namibië gaan inskakel om in dié aanlyn mega-fees te deel.

“Daar is soveel byeenkomste wat voor die inperking gekanselleer is en daar is min mense wat nié deur dié pandemie geraak word nie. Hierdie is ’n wonderlike inisiatief en ons as Suid-Afrikaanse kunstenaars kan nie wag om weer terug op die groot verhoog te klim nie, ons weet ons lojale ondersteuners is uitgehonger vir musiek, braai en samesyn,” het Kurt Darren, gesê.

“Die reaksie onder kunstenaars oor dié konsert is ongelooflik en dit wys net weereens hoe ons as Suid-Afrikaners ’n kopskuif kan maak en saamstaan. Vir die eerste keer ooit bied ons aan almal daar buite die kans om ekstra gelde te verdien en daarom het ons die #MYfonds konsep begin. Met die #MYfonds registreer jy op die iTickets-weblad en ontvang ’n persoonlike skakel. Sodra jou persoonlike skakel deur een van jou Facebook-, Instagram-, Twitter- of WhatsApp- vriende gebruik word om ’n kaartjie te koop vir die Afrikaans Gaan Global-konsert, verdien jy R20 per kaartjie in jou eie #MYfonds beursie. Jou kans om jou #MYfonds beursie vol te maak is eindeloos,” het Albertus Potgieter, eienaar en besturende direkteur van iTickets, gesê. 

’n Groot aantrekkingskrag is die Afrikaans Gaan Global raffel-kaartjies! Daar is massiewe pryse op die spel! Dié pryse sluit in:

  • Die Afrikaans Gaan Global Superbakkie – Mazda BT50 Dubbel Kajuit 2015-model.
  • MSC en Super Events borg ’n luukse vaart op die MSC Sinfonia. Daar is ses vaarte om van te kies tussen Januarie en April 2021. Hierdie is ’n BBP-pakket ter waarde van R25 000.
  • Drie Weber Spirit gasbraaiers en vier Weber Premium charcoal braaiers mét bybehore is ook op die spel. Totale waarde is ongeveer R60 000
  • Braai geskenkpakke van Weber, Rooibaard sous en BitFarming. 

Bespreek jou Afrikaans Gaan Global raffle-kaartjies op iTickets vir slegs R100. Hoe meer kaartjies hoe groter is jou kanse om te wen! 

Die geleentheid bestaan ook vir die publiek om huispartytjie – binne regulasies – aan te bied. In samewerking met Virtual Productions kan jy jou eie #HuisFees aanbied. Klank, groot TV-skerms asook beligting gaan beskikbaar wees om jou huis in ’n globale partytjie venue te omskep. Almal wat die #HuisFees bespreek staan dan die kans om die ongelooflike pakket gratis op die dag van die konsert te kry. Dié #HuisFees-pakket sluit vir R3 000 die volgende in: ’n Mini klankstelsel, ’n tegnikus, asook 60” TV vir jou huis of venue vir die Afrikaans Gaan Global-kuier en dit word deur Virtual Productions afgelewer en geïnstalleer 

Twaalf ure van vermaak – soos in die ou dae voor Covid-19. “Afrikaans Gaan Global het ń kunstenaars-fonds gestig vir die sangers en musikante wat die knyp ernstig voel onder die huidige omstandighede. Om ń bydrae tot die fonds te maak, druk asseblief op die donasie knoppie by die Afrikaans Gaan Global iTickets blad. Ek is seker die kunstenaars in nood sal dit baie waardeer!” voeg Kurt Darren by. 

Kaartjies vir Afrikaans Gaan Global kos R120 en beloof om heerlike vermaak te verskaf. NOU beskikbaar.

Indien jy as maatskappy as borg by hierdie eerste Afrikaans Gaan Global-produksie betrokke wil wees, stuur gerus ’n e-pos aan info@afrikaansgaanglobal.co.za of skakel 086 1000 291.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.