Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Ons gesels met die manne van Posduif
Nuus

Ons gesels met die manne van Posduif

Fanie Nel25 Mei 2020
FOTO: NDW Photography
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Wat gebeur as jy vyf ouens van ’n Engelse groep saam met ’n Afrikaanse voorsanger gooi? Jy kry die groep Posduif. Fanie Nel het met dié diverse groep gaan gesels. 

LEES OOK: Posduif onthou dit wat belangrik is met nuwe enkelsnit 

Waar kom die naam Posduif vandaan?

Vyf van die ouens is in ’n Engelse groep met die naam Rubber Duc en ons wou by die “voël” tema hou. ’n Vriend van ons het grapperig gesê Posduif en dit het dadelik by ons aanklank gevind… die band het toe ’n naam. 

 Vertel ons meer van jul nuwe enkelsnit Herinner My.

Herinner My dra soveel meer betekenis tot elk van ons in die groep. Ons almal het daardie blangrike mense saam met wie ’n mens die pad stap – of dit nou familie, vriende of lewensmaats is. Die liedjie is net ’n herinnering dat ons elke oomblik in ons verhoudings moet koester. 

Watter les wil julle hê moet luisteraars uit die liedjie leer?

Dit mag dalk baie na ’n cliché klink, maar die lewe is kort. Met wat tans aangaan in die wêreld moet ons waardeer wat ons het en dankbaar wees vir die geliefdes in ons lewens. 

Gee ons so ’n klein bietjie agtergrond van die lede in die groep.

James Boland is Posduif se voorsanger en kitaarspeler. Hy’s is lief vir familie, vriende, reis en kultuur en wil hê mense moet gelukkig wees. James glo daarin om hard te werk, om alles te gee en nooit op te gee. Hy werk in die dag en tree op in die aand. Hy’s soort van die groep se ‘Batman’. 

Nick Jordaan is die voorsanger vir Rubber Duc en is sedert, hy hoërskool verlaat het, in die musiekbedryf doenig.

Leeroy Sauls speel die dromme en is van Kaapstad. Hy het die wêreld platgereis as drommer vir die ontslape Bra Hugh Masekela en speel nou dromme vir Rubber Duc, Posduif en vir verskeie ander kunstenaars.

Amiel Gopal speel die baskitaar en is ook die bestuurder van Rubber Duc. Hy speel ook die baskitaar vir Posduif. Amiel het die baskitaar al in sy tienerjare baasgeraak toe hy in die kerk se band gespeel het.

Brendan Campbell speel kitaar en is ook die vervaardiger vir Rubber Duc en Posduif se musiek. Hy het vervaardiging by ASE studeer voor hy sy eerste album vir Daniel Barron vervaardig het. 

Kabeey Sax kan so te sê enige blaasinstrument bespeel. Hy het Jazz studeer en was voorheen deel van Micasa. 

V.l.n.r: Brendan Campbell, Kabeey Sax, James Boland, Leeroy Sauls, Nick Jordaan, Amiel Gopal. FOTO: NDW Photography

Wat is jul grootste droom?

Ons wil graag op elke fees in die land optree en ons musiek met soveel as moontlik mense deel. As ’n multikultruele groep wil ons ’n boodskap van hoop en samesyn oordra. Ons sal ook graag ’n SAMA-toekenning wil wen eendag.

Wat wil julle graag nog bereik?

Ware en total geluk. Interessant né? 

Het julle enige boodskap aan die wie julle musiek luister?

Wat ons nou deur gaan, gaan ons toekoms verander. Gebruik die tyd om ’n beter jy te skep. Leer nuwe vaardighede aan, lees, lei jouself op en hou aan met groei. As jy ongelukkig is met jou beroep, gebruik die tyd om iets nuuts op die kantlyn te begin of begin ’n nuwe uitdaging. Ons hoop ons musiek inspireer en moedig jou drome aan. 

Som Posduif in 5 woorde op.

Multikultureel, Vars, Sensasioneel, Afrikaans, Lewendig

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.