Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Opwindende inisiatief van Coleske Artists bied bystand aan musikante tydens inperking
Nuus

Opwindende inisiatief van Coleske Artists bied bystand aan musikante tydens inperking

Redaksiespan15 April 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Coleske Artists, tuiste van sekere van Suid-Afrika se grootste kunstenaars en die vervaardigers van gesogte produksies soos Afrikaans is Groot, Lexus Classics en vele meer, loods saam met Computicket ’n splinternuwe video-stromingsdiens om sodoende ’n moontlike inkomste vir kunstenaars én musikante te genereer. Die musiekbedryf trek swaar tydens die grendel van inperking as gevolg van COVID-19. Met dié projek sal lojale ondersteuners immergewilde konserte kan stroom teen sakpas kaartjiepryse.

“Ons harte gaan uit na ons kunstenaars en musikante wat swaar getref word gedurende dié moeilike tyd. Optredes is reeds voor inperking gekanselleer nadat die verbod op sosiale byeenkomste, met meer as 50 persone, aangekondig is. Sommige van hulle verdien reeds die afgelope maand nie ’n inkomste nie en ons weet nie vir hoe lank dit nog gaan duur nie,” het Arnold Coleske, Direkteur van Coleske Artists, verduidelik.

“Ons voel dis noodsaaklik om uit te reik en dis juis wat ons met dié inisiatief wil doen sodat ons hopelik verligting kan bring. As ons in ons onmiddelike omgewing kan hand bysit, sal dit ons almal help om aan die ander kant van hierdie krisis uit te kom,” het hy gesê.

Dié diens, getiteld INBLY-konsert of STAY-IN-concert, sal alle Afrikaans is Groot, Lexus Classics, Country is Groot en ander konserte volgens ’n skedule vrystel. Die eerste konserte wat geniet sal kan word, is Afrikaans is Groot 2019 asook Lexus Classics 2019. Hierdie twee konserte sal reeds teen Vrydag, 17 April beskikbaar wees om te stroom. Kaartjies sal R49,99 beloop en slegs by Computicket beskikbaar wees. 

Sodra ’n kaartjie gekoop is, sal kaartjiehouers ’n skakel ontvang om die die konsert vir 72 ure – tot volle hoë definisie – in sy of haar huis te kan stroom. Alle winste vanuit die kaartjieverkope sal tussen die groep kunstenaars en musikante, wat deel was van die onderskeie produksies, verdeel word. 

INBLY sal drie geleenthede bied om kunstenaars en musikante te help. Die eerste geleentheid is die opnames van alle vorige konserte wat gestroom kan word, die tweede sal kunstenaars die kans gee om konserte vanaf hulle huise aan te bied en ’n derde sal die publiek die geleentheid bied om donasies te maak om die musiekindustrie by te staan. Die platform sal ook beskikbaar gestel word aan die groter musiekbedryf of inhoudverskaffers om hulle deur die tydperk te help.

Meer besonderhede oor die konserte sal bekend gemaak word via Afrikaans is Groot se sosiale blaaie, alle kunstenaars se sosiale media platforms, media, asook op Computicket se webtuiste.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.