Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Eerste kykNET Top20-toer binnekort op die pad
Nuus

Eerste kykNET Top20-toer binnekort op die pad

Redaksiespan22 Februarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die sjarmante Willem Botha en die pragtige Franja du Plessis vat die pad met die kykNET Top20-toer en saam sorg dié twee vir ’n konsert wat jy nie gou sal vergeet nie.

Dié toer skop op 23 Februarie in Centurion af en hulle toer die land plat tot hul laaste vertoning, op 6 Maart, in George. Loer gou hier onder.

Die eerste konsert, op 23 Februarie, vind by die gewilde kuierplek Semi-Soet, in Centurion, plaas en boonop is toegang gratis! Daarna is Aliwal Noord, op 25 Februarie, aan die beurt by die Laerskool. Op 26 Februarie kan Queenstown regmaak vir dié twee se optrede by Linga Linga Lodge. Laerskool Cradock is op 27 Februarie die tuiste van dié opwindende konsert en op 28 Februarie is Graaff-Reinet aan die beurt met die optrede wat by Laer Volkskool gehou word.

Port Elizabeth is op 1 Maart aan die beurt as hulle by The Barn gaan optree en op 2 Maart is hulle in De Aar by die GWK Karoofees in aksie. Daarna is hulle weer terug in die Oos-Kaap, in die pragtige kusdorpie Jeffreysbaai, as hulle op 3 Maart by The Bay Pasta Co. optree. Middelburg kry ook ’n beurt op 4 Maart met hul konsert by dié dorp se Hoërskool. Op 5 Maart kuier hulle by Brian’s Grill, op Oudtshoorn en op 6 Maart eindig hulle dié toer af in George by Shenanigans.

Willem het eers in Afrikaanse musiekliefhebbers se harte geklim as sanger, maar het ook gou sy veelsydigheid gewys as akteur. Hy het in 2010 sy buiging as akteur gemaak in Liefling, Die Movie, waarna hy ook in die musiekblyspel, Tree Aan, ’n rol vertolk het. In 2013 vertolk hy ’n hoofrol in Donkerland en speel weer ’n hoofrol in die musiekblyspel, Reik Na Die Sterre, in 2014. Willem was ook die heel eerste Afrikaanse kunstenaar wat deelgeneem het aan die merkwaardige Eurovision Song Contest. Vandag kuier Willem elke Vrydag in ons leefkamers as aanbieder van die Top20-program, op kykNET NOU!, waar hy weekliks die ranglys aftel van die week se beste musiekvideo’s. Willem se album, Soen en Vergeet, wat in 2017 vrygestel is, bevat ook sy treffer, Swartskaap.

Die pragtige Franja het in 2013 haar debuut in die industrie gemaak as Marna, in die fliek, As jy Sing. Daarna is haar debuutalbum, My verhaal, in 2016 vrygestel én spog met platinumstatus. Haar nuwe album, Hittegolf, het getrou aan die titel gebly en omtrent ’n hittegolf veroorsaak met verskeie van die liedjies op dié album wat gereeld op radiostasies landwyd gehoor kan word.

Kyk hier na die lokprent:

Die eerste kykNET Top20-toer word moontlik gemaak deur CO Productions, kykNET, kykNET NOU, Green Planet Productions, SoundCheck Productions en Lightspeed Digital Media.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.