Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Goue status vir Jo Black binne tien dae!
Nuus

Goue status vir Jo Black binne tien dae!

Redaksiespan21 Februarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Leana Clunies-Ross

Jo Black se splinternuwe album, Voel jy die genade, het binne tien dae vanaf vrystelling goue status (verkope van 15 000 albums) bereik. Dié nuwe vrystelling wat op 8 Februarie 2019 uitgereik is en onmiddellik die nommereen posisie op iTunes ingeneem het, het ook sedertdien die nommereen posisie op die RSG Top 20 verkopers in die land ingeneem.

Die eerste enkelsnit, wat ook die titelsnit vanaf die album is, pryk ook sedert vrystelling bo-aan talle radiostasies landswyd se trefferparades, terwyl die musiekvideo van hierdie inspirerende lied al bykans 340 000 keer gekyk is.

“Meer dankbaar kan ek nie wees, in minder as twee weke het Voel jy die genade goue status bereik. Dankie aan almal wat my album al gekoop het, as jy hom nog nie het nie, kry hom,” het ’n dankbare Jo op sosiale media sy aanhangers en ondersteuners bedank.

Verder sê Jo: “Ek is stomgeslaan oor hoe goed die album doen. Dankie aan almal wat ons musiek koop en na ons vertonings toe kom.”

Jo het die lied, Voel jy die genade saam met Johan Vorster, Christoph “Appel” Kotze en Roan Ash geskryf, en dit is kenmerkend van die Jo Black-handelsmerk waarvoor almal so lief geword het – ’n Afrikaanse rocktreffer, met diep lirieke en selfs ’n dieper betekenis.

LEES OOK: Jo Black ‘vier die genade’ met nuwe album

Die album bied ’n unieke mengsel van geloof, hoop en liefde en verklap nie net meer oor sy loopbaan sover nie, maar ook oor die dinge waarvoor hy dankbaar is. Dit bestaan uit ’n wye verskeidenheid snitte, wat sy emosiebelaaide weergawe van Leonard Cohen se Hallelujah insluit, en volgens hom mooi bymekaar gekom het aangesien dit nie vooraf so beplan was nie.“Ons het oor enigiets geskryf wat oor ons pad gekom het en, op ’n manier, dit reggekry om ’n goeie album saam te stel. Dit is net nog ’n bewys van genade. Die grootste uitdaging, was egter dat ek my eerste album oor 35-jaar geskryf het en net een jaar gehad het vir die tweede een,” korswel die ster.

Jo, wat van kleins af lief was vir musiek, het nooit gedink dat dit eendag sy loopbaan sou word nie. Vir hom moet musiek driedimensioneel wees. “Dit moet nie net strelend op die oor wees nie, maar ook met die hart en siel praat en aanklank vind by gehore,” meen hy. “Die enkelsnit som, soos die album, die laaste jaar van my lewe op. Wanneer ek terugkyk op hierdie reis, besef ek dat alles net genade was. Ek hoop dat dit mense sal help om ook die genade in hulle eie lewens raak te sien en te ervaar.”

Wat die maak van die titelsnit se musiekvideo aanbetref, wou Jo graag die geleentheid gebruik om diegene wat in sy reis gedeel het, aan die publiek bekend te stel. “Ek verskyn gewoonlik alleen in my musiekvideo’s, maar tree nooit sonder ’n orkes op nie. Ek wou hê dat hierdie video hulle moes insluit – want hulle het die afgelope twee jaar saam met my meer as 550 konserte gedoen.”

Voel jy die genade is nog ’n opbouende en betekenisvolle vrystelling deur dié plaaslike superster, wat sy boodskap van hoop en geloof aanhou versprei soos net hy kan.

Jo Black se nuwe album is uitgereik in samewerking met Inhoud Huis Musiek en is op alle digitale platforms en in alle goeie musiekwinkels landwyd beskikbaar.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.