Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Geraldine B wil ‘jou hartklop voel’
Nuus

Geraldine B wil ‘jou hartklop voel’

Redaksiespan20 Februarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die sangeres Geraldine B se enkelsnit Ek wil jou hartklop voel beloof aanhangers van die eerste noot van dié liedjie, tot haar stem wegsterf met die laaste note van haar vertolking, mee te voer.

Geraldine B is bekend vir haar nostalgiese ballades en met Ek wil jou hartklop voel voer sy haar stem tot nuwe hoogtes. “Ek wil jou hartklop voel laat my voel dat liefde bo enigiets kan wen.”

Oor dié liedjie sê die sangeres, wat op die Vrystaatste dorpie Wesselbron woon: “Liefde bestaan en is regtig iets spesiaal. Die liedjie is geskryf vir en opgedra aan my wonderlike man. Dit is maklik om oor iets te sing waarby ek kan aanklank vind. Die liedjie vertel die storie van liefde en hoekom ’n mens daarvoor sal baklei.”

Die liedjie is uit die pen van die bekende liriekeskrywer Pierre Rossouw.

Luister hier na ’n voorskou:

Geraldine B het al gedurende haar skooljare haar stempel in die musiekbedryf afgedruk. Haar stem is al met dié van die bekende gospelsangeres Kari Jobe vergelyk. “Dit is vir my ’n groot voorreg om te hoor dat ek nogal soos sy klink. Kari is my grootste musikale inspirasie,” sê sy.

Geraldine B het verlede jaar met haar debuutalbum Wintersnag gedebuteer en die gelyknamige liedjie is baie goed deur plaaslike radiostasies ontvang. Geraldine B is een van die nuwe generasie sangeresse wat dopgehou moet word. Sy het haar eie styl en ’n unieke stem wat met geen ander sangeres in dié land vergelyk kan word nie. Sy glo ook musiek moet jou moeiteloos goed oor die lewe laat voel.

“Ek is nie in die musiekbedryf om bekend te wees nie. Ek sing omdat ek dit geniet om my musiek met mense te deel. Ek wil mense met my musiek aanraak.”

Sy het onlangs ’n musiekvideo van haar liedjie Kaalvoet in die druppels vrygestel en die video behoort eersdaags op kykNET se musiekkanale uitgesaai te word. Twee van haar ander liedjies gaan ook later dié jaar in musiekvideo’s verewig word.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.