Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Anna Davel laat Boerneef-treffer herleef
Nuus

Anna Davel laat Boerneef-treffer herleef

Redaksiespan14 Februarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Anna Davel is een van die sterre in Lefra Produksies se trefferproduksie, Flennie die Snare, wat hulde bring aan Boerneef in woord en klank.  

Dié produksie het reeds suksesvol reg oor die land getoer.  Lefra het die besluit geneem om ’n CD, Flennie die Snare op te neem en Anna Davel het ’n splinternuwe toonsetting gedoen van Boerneef se Jou Woord.  

Boerneef was een van die Afrikaanse skrywers wat ’n meester was met die ‘woord’. Frans Swart, die regisseur van die produksie, het daarom vir Anna gevra om juis hierdie liedjie te toonset en te sing. “Ek het sommer geweet dat Anna se styl perfek by die liedjie gaan pas. Dit word lig en opgewek aangebied en daar is Anna se besliste jazz invloed te bespeur. Ons glo dat Jou Woord sommer ’n groot treffer gaan word,” vertel Jaconell Mouton, die musikale regisseur van die produksie.

Met ’n kombinasie van haar soel stem, sielvolle optredes en pragtige liedjies wat sy skryf, fassineer die veelsydige Anna Davel al vir twee dekades gehore. Haar loopbaan het in 1997 begin toe sy as die algehele wenner van die jaarlikse ATKV Crescendo-kompetisie aangewys is met haar eie komposisie, Viooltjies, wat haar gevestig het as sanger, liedjieskrywer en kunstenaar. Die liedjie het ’n merkwaardige indruk gemaak met sy tema van huishoudelike geweld. Sy het haar diploma in ligte musiek en Jazz aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie in 1998 verwerf, en het in dieselfde jaar by die gewilde groep Cutt Glas aangesluit, waar sy lid was tot 2003, waarna haar solo-loopbaan vlam gevat het, en sy sedertdien nege albums en ’n DVD uitgereik het en talle musiekproduksies vir teater en feeste die lig laat sien.

Die res van die sterbelaaaide rolverdeling en kreatiewe span in Flennie die Snare sluit in Chris Chameleon, Johny Klein en Daniella Deysel, wat die verhoog met Jaconell Mouton (musikale regisseur), Mauritz Lotz en Riaan van Rensburg deel. Frans Swart het die teks geskryf en hanteer ook die regie. Die produksies is moontlik gemaak deur die ruim ondersteuning van die Innibos Laeveldse Nasionale Kunstefees.

Jou Woord is die tweede enkelsnit vanaf die CD van die produksie, wat onlangs vrygestel is. Die res van die CD bestaan uit bekende en nuwe verwerkings van Boerneef se bekendste poësie deur onder andere Chris Chameleon, Daniella Deysel, Laurika Rauch, Louis van Rensburg, Rudolph Pretorius en Steffie le Roux Marais.

Alhoewel Boerneef hom aanvanklik op die prosa toespits, slaan hy later oor na die poësie, eers met ’n paar gedigte in die verhalebundel Teen die helling en later met volwaardige digbundels. Sy volksverse bring vernuwing in die digkuns weens die aardsheid en moderniteit daarvan.  Die musikaliteit en ritme is veral kenmerkend van sy gedigte. Dit is juis hierdie musikaliteit van sy poësie wat onder andere die komponis Pieter de Villiers geïnspireer het om heelwat van Boerneef se bekendste gedigte te toonset, waaronder Die berggans het ’n veer laat val en Aandblom is ’n witblom. Dit was ’n belangrike toevoeging tot die repertoire van die Afrikaanse liedere, en ’n gunsteling van die wêreldbekende Suid-Afrikaanse sopraan Mimi Coertse.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.