Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Nóg ’n Engelse treffer vir Joe Foster
Nuus

Nóg ’n Engelse treffer vir Joe Foster

Redaksiespan12 Februarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Na die reuse sukses van Joe Foster se eerste Engelse snit, Look Away, is dié sanger terug met ’n popliedjie wat beloof om nog lank op menigte radiostasies se trefferparades te boer.

One Body is ’n liedjie wat Joe geskryf het na hy eendag op ’n troue gesing het. “Die dominee het vertel hoe die paartjie emosioneel en fisies een word met mekaar. Hul begin dieselfde dink, dieselfde lewe en voltooi mekaar se sinne. Die liedjie is dus die oomblik waar twee mense een word,” vertel hy.

Joe sê dat hierdie liedjie een van die sterker liedjies is. En omdat sy jongste album, Volgende Stap, ’n mengsel van Engels en Afrikaans bevat, wou hy sy Afrikaanse enkelsnit met ’n Engelse een opvolg.

Die sanger is van mening dat die liedjie aanklank sal vind by die wat al in ’n liefdesverhouding was of wil wees. “Ek sal graag wil hê dat One Bodyin luisteraars se are sal ingaan en dat couples dit deel van hul intieme playlist sal maak,” sê Joe.

Luister hier na ’n voorskou:

Oor die musiekvideo vir die snit, wat sommer vroeg saam met die enkelsnitvrystelling kom, wil Joe nie te veel verklap nie.

Joe Foster is geen vreemdeling op die Suid-Afrikaanse musiektoneel. Hy het immers bekendheid verwerf as lid van die mansgroep ADAM en het gesorg vir, Pad Na Jou Hart, wat die temalied vir die gelyknamige lokettreffer is.

In 2015 het hy die Ghoema-toekenning vir Liedjie van die Jaar vir Sal oorlog vir jou maak ontvang en in 2016 is sy debuut solo-album,Hartklank, as Pop-album van die jaar aangwys.

Alhoewel Joe reeds twaalf tot vyftien jaar as vervaardiger en musikant besig is, is dit vanjaar sy negende jaar as Afrikaanse sanger.

Die sanger glo dat emosie die suksesresep is wanneer daar musiek geskryf of gesing word. “Emosie soek altyd ’n manier om uitgedruk te word en musiek en liedjieskryf is gewoonlik die eerste plek waar my emosies wil gaan om uiting te gee,” verklap hy.

Deesdae werk Joe ook as life coach en spiritual guide en tussen deur wil hy nogsteeds musiek maak. Verder bemark hy sy jongste album en tree ook gereeld op.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.