Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Hugo Nieuwoudt en Lianie May laat ‘ou gevoelens’ weer opvlam
Nuus

Hugo Nieuwoudt en Lianie May laat ‘ou gevoelens’ weer opvlam

Redaksiespan7 Februarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die sanger Hugo Nieuwoudt, wat verlede jaar sy splinternuwe album, Net soos die sneeu vrygestel het is terug met ’n nuwe enkelsnit wat beloof om ‘ou gevoelens’ weer te laat opvlam.

Ou Gevoelens, Hugo se duet met die pragtige Lianie May, is ’n kontemporêre-popliedjie uit die pen van Werner Beukes en vertel hoe al die ou gevoelens opnuut weer vlam vat tussen ou skool liefdes wat mekaar na soveel jare weer raakloop

Hugo sê dat hul op die enkelsnit as sy volgende radiotreffer besluit het juis omdat dié liedjie ’n groei in digitale verkope getoon het. “Ek hoop die publiek word verras en hou daarvan. Dis vars en ’n lekker saamsing liedjie waarop ’n mens kan dans ook,” vertel hy.

Op haar beurt voeg Lianie May by: “Ek het dit so geniet om saam met Hugo aan die liedjie te werk en sien uit om te hoor wat die publiek daarvan dink.”

Luister hier na ’n voorskou:

’n Musiekvideo vir die liedjie is ook in die pyplyn, maar hieroor wil Hugo nie te veel verklap nie.

Hugo, wat in KwaZulu-Natal gebore is, is reeds vyftien jaar besig in die musiekbedryf. Hy sonder veral die werk van Bobby van Jaarsveld, Juanita du Plessis, APPEL en Elvis Blue uit.

Hugo skryf musiek wat met hom praat en waarmee hy kan assosieer. “My geliefdes inspireer my om te skryf. So ook die alledaagse lekker en gebeure van die lewe,” vertel Hugo.

Hugo sonder sy jongste album as een van sy hoogtepunte uit en is druk besig om die bemarking van die enkelsnit te voltooi. Verder word daar beplan aan ’n toer vir die jaar met stoppe in Noord-Wes, Gauteng en die Vrystaat.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.