Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Chris Duvenage vertel sy ‘stories’ met liedjies
Nuus

Chris Duvenage vertel sy ‘stories’ met liedjies

Redaksiespan7 Februarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Pinnacle Studio Videography

Die sanger en liedjieskrywer, Chris Duvenage, se eerste enkelsnit vanaf sy debuut-album, Stories #1, is onlangs vrygestel en sal aanklank vind by die wat al afskeid moes neem van hul geliefde.

Tydelik, uit Chris se eie pen, handel oor die proses waar iemand hul geliefde verloor. Dit gaan oor die punt wat die persoon bereik om die een wat weg is vry te spreek en net goeie dinge oor die ander persoon te spreek en toe te wens. “Soos mens deur die lewe gaan ondervind mens teleurstellings in liefde, die  inspirasie en die boodskap is dat mens die persoon moet vryspreek in plaas van verwyt en kwalik neem,” vertel die sanger.

Chris sê dat die liedjie gegroei het vandat hy dit geskryf het tot die finale produk. Hy wil graag hê dat die liedjie, nes die ander op die album, ’n verskil sal maak in die manier na hoe mense na seker dinge en aspekte van die lewe kyk. “Elke mens kan vereenselwig met die gevoel waar liefde verlore is en die proses waardeur mens gaan, ek hoop en glo dat dit goed ontvang sal word.”

Die liedjie is in Chris se studio opgeneem en verder verwerk deur Sean Manley van Manley Recording Studios. “Die lied het ’n paar ekstra vocals tussen die lirieke wat dit makliker maak om saam te sing en ek glo die dromme maak dit ’n lekker luister-lied,” verduidelik Chris.

’n Musiekvideo, wat eersdaags op kykNET NOU gespeel sal word, is in 2018 vrygestel. Dié musiekvideo, wat deur Roelien Roux van Pinnacle Studio Videography opgeneem en vervaardig is, speel voor ’n ou gebou in Parlementstraat in die middestad van Pretoria af. Daar is ook tonele in ’n bos in Wolwespruit verfilm. “My vrou, Marni Duvenage het ingestem om die model te wees in die video. Dit handel oor terugflitse van herinneringe wat verwys na ‘hoe dinge was’ in konteks van die liedjie, en hoe ek dan sing oor die tema van die lied en hoe die ‘persoon’ dan vrygespreek is.”

Kyk die musiekvideo hier:

’n Bietjie meer oor Chris

Chris Duvenage, wat reeds twaalf jaar besig is met musiek, se passie vir musiek het reeds van kleintyd begin toe hy na orrelmusiek en goue oues soos Cliff Richards geluister het. Rugby was bo aan sy droomlysie, maar na ’n besering het die lewe ander planne gehad met hom en in 2006 na hy ’n kitaar gekoop het, het die musiek gogga behoorlik gebyt.

Ed Sheeren se musiek inspireer Chris en voeg dan by waarom hy musiek maak: “Die verskil wat musiek kan maak in mense se lewens. Ek het seker dinge in die lewe ervaar wat ek deur middel van musiek wil deel, die eerste snit op die Afrikaanse album se naam is Okay en maak nie saak waardeur jy gaan in die lewe, Smile maar, dis als Okay.”

Vra jy hom wat mense nie van hom weet nie, antwoord hy graag: “Ek het op ’n plaas groot geword met sewe kinders in die huis, en baie stories om te vertel.”

En die grootste les wat hy geleer het? “Dat elke musikant se musiek saakmaak en dat die sukses van elke kunstenaar nie afhang van hoeveel aanhangers en luisteraars nie, maar in die verskil wat dit maak in ’n paar lewens,” vertel hy.

Terwyl Chris woeker met sy eerste Afrikaanse album, kan aanhangers ook gereed maak vir ’n Engelse album. “Ons is besig met ’n liedjie op die Engelse album genaamd Shoelace. Dis ’n lekker liedjie met komieklike lirieke se samestelling en stemme. Ek is opgewonde oor hierdie liedjie. Dit mag ook dalk die liedjie wees met die eerste musiekvideo op die album My Stories #2,” verklap hy.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.