FOTO: Verskaf
In Februarie begin daar twee splinternuwe kosprogramme op VIA (DStv-kanaal 147). Dié Afrikaanse leefstylkanaal bederf in die Valentynsmaand kykers ook met nuwe seisoene van vyf gewilde TV-programme.
Een van die nuwe programme is Klankbord waar kos en musiek mekaar ontmoet.
In dié opwindende reeks, wat op 6 Februarie afskop, bring die gewilde kosblogger Ilse “Die Kosvos” van der Merwe plaaslike topsjefs, onder meer Bertus Basson, Reuben Riffel en Kobus van der Merwe en van Afrikaanse musiek se mees geliefde kunstenaars soos Francois van Coke, Corlea Botha en Die Heuwels Fantasties bymekaar vir ’n fees van kos en klank.
Die sjefs moet ’n fynproewersgereg voorberei wat geïnspireer is deur ’n kunstenaar se bekendste liedjie.
Klankbord saai Woensdae om 21:30 uit met ’n herhaling op Sondae om 21:30.
