Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Armand Steenkamp is ’n ‘lekker mens’
Nuus

Armand Steenkamp is ’n ‘lekker mens’

Redaksiespan4 Februarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Wat het Armand Steenkamp met wyle Worsie Visser, Zirk Bergh en Zak van Niekerk in gemeen? Hulle was almal ‘lekker mense’ en se musiek lig jou gemoed!

Vir die eerste keer in ’n lang tyd verskyn daar ’n lekker album, vol lekker liedjies, wat jou laat lekker voel. Selfs al gaan van die lirieke oor die swaarkry van boerdery. Armand draai daardie probleme en swaarkry op sy kop en laat jou lekker voel as jy hierna luister.

Hy laat selfs die droogte lekker voel as jy so na hierdie ritmiese, opgewekte album luister wat opgeneem is aan die Weskus in Wouter van de Venter se bekwame hande en ateljee. Selfs Wouter verras en wys jy moet hom nie stereotipiseer nie.

Armand het grootgeword in die Boesmanland êrens tussen Pofadder, Kliprand en die niet. Die naaste skool was Springbok waar hy wou rugby speel, sing en graag ‘ingels’ praat. Die kans om ’n Springbok te word is dus baie groter in die Boesmanland, want daar was Engels nie ’n tweede taal nie, maar ’n vreemde taal. Hoërskool was hy in die befaamde Boland Landbou. Vandag tree hierdie boer landwyd op by enige funskie en sy konsertgangers sien telkemale die son opkom. “Solank hy net nie ‘ingels’ hoef te praat nie,” spot hy.

Sy nuutste album, Lekker Mens, laat jou goed voel sommer oor die slegte dinge van die land. Sy liefde vir visvang en jag tel jy ook so tussen die snitte se lyne op. In 2016 was hy selfs genomineer vir ’n Ghoema-musiektoekenning vir Beste humoristiese album.

Armand se nuwe album is gelaai met humor, lekker moderne verwerkings wat jou voete gaan laat jeuk en jou van jou ’n lekker mens gaan maak.

Met al die negatiewe dinge waarmee ons deesdae omring word, beloof hierdie album om die beste ding te wees wat jy vir jou gemoed kan aanskaf.

Luister die album aanlyn op Apple Music:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.