Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Kerry Lee sing oor haar ‘beter helfte’
Nuus

Kerry Lee sing oor haar ‘beter helfte’

Redaksiespan1 Februarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: @KerryLeeMusic, Twitter

Na die sukses van haar vorige album wat treffers soos Shut up en soen my en Dans in die  Reën opgelewer het, is Kerry Lee terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat die hartsnare op ’n huppelstap gaan aanraak.

Beter Helfte uit die pen van die liedjieskrywer, Emil Struwig, fokus op die feit dat jy jou ‘beter helfte’ gevind het, daardie persoon wat jou lewe heel maak.

“Die liedjie het ’n baie persoonlike boodskap vir my en ek glo dit sal ook die luisteraars se harte aanraak. Moet nooit oorhaastig wees nie. My ouma het altyd gesê, elke pot het sy deksel, maak nie saak hoe krom of skeef nie. Wees geduldig en met die genade van ons Hemelse Vader sal elke een sy beter helfte ontmoet,” verduidelik Kerry Lee.

Die liedjie het lekker ritme terwyl dit ook ’n belangrike boodskap oordra en sal aanklank vind by jonk en oud. “Dit is regtig iets vir almal; of dit nou ’n kys, verlowing of huwelik is; almal glo in die liefde.

Kerry Lee praat uit eie ondervinding want sy het self onlangs met die troupaadjie afgestap.

“Die idee van hierdie liedjie het begin as gevolg van die feit dat ek met my beter helfte getrou het. Of ons dit nou wil erken of nie, ons almal het streke en geite wat nie 100% is soos dit moet wees nie. En dit is hoekom my man, Rudolph, my beter helfte is. Hy vul my aan waar dit nodig is en ondersteun my in alles wat ek aanpak,” vertel sy.

Luister hier na ’n voorskou:

Beter Helfte word op 1 Februarie 2019 op radiostasies regoor die land beskikbaar gestel en die musiekvideo op 2 Februarie 2019, eksklusief op kykNET se Jukebox.

Kerry Lee is baie opgewonde vir wat die nuwe jaar inhou en verklap: “Ek wil ook darem nou nie heeltemal die aap uit die mou laat nie, maar julle kan uit sien na nog ’n paar nuwe klanke… hou die spasie dop!”

’n Bietjie meer oor Kerry Lee

Kerry Lee het die afgelope paar jaar reeds diep spore kom trap in die harte van aanhangers regoor die land. Hierdie lewenslustige brunet hou al vandat sy drie jaar oud is konsert en het op die ouderdom van elf self ingeskryf vir haar eerste Eistedfod.

Kerry Lee het groot bewondering vir kunstenaars soos Dolly Parton, Barbara Ray en Shania Twain en dit is daarom geen verrassing dat haar eerste album, wat ook vir ’n kykNET Ghoema-musiektoekenning benoem is, ’n kombinasie van moderne country-musiek is nie.

Kerry Lee se gunstelingaanhaling oor die lewe kom uit die liedjie, Country Strong, en gaan daaroor om nooit op te hou glo en baklei vir dit wat jy wil hê nie en sy is ’n spreekwoordelike voorbeeld van hoe harde werk jou drome kan waar maak.

As sy nie ’n sanger was nie, sou sy graag ’n forensiese antropoloog wou word, maar gelukkig het sy dit liewer aan die span van Bones oorgelaat, want dit is in die harte en ore van musiekliefhebbers, waar sy die grootste verskil kan maak.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.