Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Arno Jordaan verklaar ’n ‘derde wêreldoorlog’
Nuus

Arno Jordaan verklaar ’n ‘derde wêreldoorlog’

Redaksiespan1 Februarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Willem Botha

Met meer as een miljoen trefslae op YouTube, nommer een treffers op verskeie radiostasies, goue- en platinum-albums, Ghoema-benoemings en verskynings op Huisgenoot Skouspel en Afrikaans is Groot, is Arno Jordaan geen vreemdeling nie.

Dié sanger, wat reeds veertien jaar bedrywig is in die musiekwêreld, se splinternuwe enkelsnit, Derde Wêreldoorlog is pas vrygestel.

Derde Wêreldoorlog, uit die pen van die bekroonde en talentvolle liedjieskrywer, Johan Oberholzer, handel oor ’n man en vrou wat baklei, maar nie sonder mekaar kan klaar kom nie. Hulle sal dan oorlog maak vir mekaar.

Arno vertel dat die liedjie ’n regte ‘Arno-tipe liedjie’ is. “Ek glo mense gaan dit baie geniet. Dis in die styl waaraan meeste van my aanhangers gewoond is en hulle sal lekker hierop kan dans,” sê hy. Arno wil hê sy musiek moet ’n boodskap van blydskap oordra. “Of dit nou ’n glimlag of ’n traan is… dit moet die van blydskap wees.”

’n Musiekvideo vir die nuwe enkelsnit is ook in die pyplyn, maar Arno wil nie te veel verklap nie.

Wanneer hy egter nie agter die mikrofoon is nie, speel hy graag gholf en sê dat hy ’n positiewe mense is. “Ek sien min (dalk te min) die slegte dinge in die lewe raak, maar ek hou daarvan om ander gelukkig te maak en dis vir my lekker om te sien dat mense iets wat ek vir hulle gee, (my musiek) geniet,” voeg hy by.

Vra jy hom uit oor wat die musiekbedryf hom geleer het, antwoord hy vinnig: “Dat jy nooit moet vergeet waar jy vandaan kom nie.”

Verder bieg hy dat die grootste uitdaging vir hom die onregverdigheid in die bedryf is. “Dit is ’n verskriklike onregverdige bedryf, want dit maak nie saak hoe hard jy werk of weet wat jy bereid is om te gee van jouself nie, jy is altyd afhanklik van mense, hulle opinies en voorkeure, en ongelukkig kan almal nie van jou hou nie. Dis soms moeilik om te aanvaar.”

Arno is tans druk besig om aan sy nuwe album te skaaf en skuur, wat op sy verjaardag vrygestel gaan word. En hy werk aan die Boobaloo Expo wat vir ’n tweede keer aangebied word op 1,2 en 3 Maart in die Sun Arena van Pretoria. Maar vir nou, verklaar hy ’n ‘derde wêreldoorlog’…

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.