Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Ampie se nuwe musiekvideo is hier!

FOTO: Verskaf

Ampie du Preez het geen bekendstelling nodig nie. Dié begaafde sanger, liedjieskrywer en deesdae ook finansiële-beplanner spog met treffers soos Plain Jane en Niks en Niemand wat aan hom ’n SAMA-nominasie besorg het. Nou is die sanger terug met ’n nuwe enkelsnit vir diegene wat met ’n liefdesteleurstelling worstel.

Val sonder jou, wat Ampie self geskryf het, gaan oor verlore liefde waar die een persoon aangaan en die ander persoon nog nie oor die persoon is wat weg is. “Partykeer breek liefde jou hart,” sê hy oor dié pop-country liedjie.

Volgens Ampie sal meeste mense met die enkelsnit kan vereenselwig en glo dat wanneer ’n liedjie uit jou hart kom, dat die publiek dit sal opmerk, veral as hul met dieselfde situasie sit. “Ek dink die liedjie het groot potensiaal om ’n radiotreffer te word,” verklap die sanger. “Mense moet kan verstaan dat almal deur dieselfde tydings gaan.”

’n Musiekvideo vir dié liedjie is reeds opgeneem en vervaardig deur Sean Else en speel af in ’n ou verlate psigiatriese hospitaal in Johnnesburg. “Dit is in ’n ou malhuis geskiet en dit gaan basies oor hoe jou kop met jou smokkel en dat die liefde party mense so kan affekteer dat jy mal kan word en daaardie persoon selfs sien al is hulle nie meer daar nie,” vertel Ampie.

Kyk die musiekvideo eksklusief hier: