Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Vincent Gordon laat ‘die liefde tel’
Nuus

Vincent Gordon laat ‘die liefde tel’

Redaksiespan30 Januarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Ná die weghol sukses van Vincent Gordon se eerste enkelsnit, Stap soos Karlien, is dié sanger weer op almal se lippe met ’n nuwe enkelsnit vanaf sy debuut-album, Asem… en dis net betyds vir die maand van liefde!

Dis die liefde wat tel, uit Vincent se eie pen, gaan oor die liefde wat meer gewig dra aan die einde van die dag en wat staande sal bly teen oor aardse dinge en voor opgestelde idees wat nie altyd waarde dra nie.

Vincent vertel dat soveel mense sy pad daagliks kruis en dat hy sien hoe mense meer na aardse dinge kyk, terwyl dit wat hul werklik nodig het reg langs hul staan. “Of dit nou ’n ma of pa, broer of vriend is, hulle kyk die grootste geskenk mis, die liefde! Ek kan nie genoeg dankie sê vir my ma wat my ondersteun in alles. Die liedjie is gebore uit my waardering vir opregte vriende en familie en ek gevoel om te skryf oor dit,” sê hy.

Volgens Vincent lê die liedjie hom na aan die hart omdat liefde ’n mens deur moeilike tye dra. “Ek dink die liedjie gaan sorg vir ’n goeie gemoed en mense op hul eie reis neem in hul lewens en  hul gaan laat dink aan wie daai belangrike mense is in hul lewens. Natuurlik sorg die ritme ook vir ’n lekker dans op die dansvloer.”

Die lirieke is vermaaklik en die melodie propvol ritme en lewe. Die liedjie het boonop ook ’n positiewe boodskap: Jy hoef nie alles in die lewe te kan doen om goed genoeg te wees nie – jy sal altyd ’n goeie eienskap hê, iets wat jou spesiaal maak vir iemand anders.

Die musiekvideo, wat deur Cinastage opgeneem en vervaardig is, speel af op drie verskillende plekke – No.89 Hazelwood, IQ Brooklyn en Rademeyers Park. Volgens Vincent het hul doelbewus dit so gedoen om die kwaliteit en effek wat ’n mens nie aldag in Afrikaanse video’s sien te verbeter.

“Ons het besluit om die storie uit te beeld waar ’n jong  seun en meisie verlief raak. Die twee se paadjie skei dan wanneer haar pa van werk verander en hul na ’n ander dorp verhuis. Na jare kruis hul pad onverwags weer. Alhoewel hul mekaar nie dadelik herken nie, brand die liefdesvlam van destyds weer. Wanneer die meisie die seun bedien in die restaurant waar sy werk en hy asem skep na ’n moelike dag is dit die hangertjie wat hy as kind vir haar gegee het wat haar identiteit verklap,” brei Vincent uit oor die storielyn van die musiekvideo.

Kyk die musiekvideo hier:

Vincent Gordon (27) is ’n sanger vir wie musiek lank reeds deur sy are vloei. Van jongs het hy geweet musiek is vir hom en op die ouderdom van nege het hy reeds vir ’n gehoor opgetree. Sedert 2013 kan van sy musiek ook op radiostasies gehoor word.

Hy som sy stem op as smaakvol, nuut en ’n ‘bederfie vir die oor’. Ferdinand Skead, ’n vriend van Vincent is ’n groot inspirasie vir hom. “Ferdinand is ’n man met soveel talente. Om net saam met hom te sit, te skryf, melodië uit te werk en om in daardie kreatiewe atmosfeer te wees is onbeskryflik. Dit spoor my aan om meer te leer en om net beter te wil doen en wees,” sê hy. Hy sal ook eendag saam met die sanger, Bobby van Jaarsveld, ’n liedjie wil skryf en sing.

Vincent vertel dat sy ondersteuners en persoonlike ervarings as inspirasie vir meeste van sy liedjies dien. “’n Agtergrond van baie sukkel, seer en moedeloosheid wat ek wil omdraai en ’n vars boodskap van ‘wees Asem’ deurgee. Deur my lirieke wil ek lig bring met die boodskap: ‘Bly positief, glo in ons Vader en jy sal sien dat dinge daadwerklik verander’.”

Hy luister graag na musiek waarmee hy op ’n spesifieke oomblik in sy lewe kan identifiseer, maar lig egter Enrique Iglisias uit as ’n kunstenaar wat sy sangstyl beïnvloed. Wanneer jy hom uitvra oor sy gunsteling musiekaanhaling, antwoord hy: “Music speaks when words can’t”.

Verder bieg hy ook dat hy maar skaam is wanneer hy nuwe mense ontmoet en sou graag ’n vlieënier wou wees indien musiek nie vir hom beskore was nie. “Wat jy werklik is, moet dit nie weggooi of wegsteek nie. Wees altyd nederig, maak nie saak hoe groot jou naam word nie,” vertel Vincent oor wat die bedryf vir hom geleer het.

Vincent het al verskynings op TV-programme soos JAM, Skoonma se Tong en Die GROOT Ontbyt gemaak en is gereeld te hoor op radiostasies soos Groot FM, Hosa Radio, Bok Radio, IFM, Luister FM, Knysna FM, Algoa FM en soveel meer.

Vra jy hom uit oor sy grootste prestasie tot dusver, antwoord hy: “Daar is soveel, maar bo-aan die lys is om my volledige album wat in Oktober verlede jaar vry gestelis, waarin my hart en siel geskryf is.” Hy sonder ook sy groot treffer, Stap soos Karlien uit.

Vir Vincent is daar ’n groot toekoms en behalwe vir optree en sy ondersteuners ontmoet, is dit sy debuut-album, Asem, wat hom tans besig hou.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.