Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Country is Groot: ’n Kuier met Steve en vriende

FOTO: @AfrIsGroot Twitter

Die bekroonde musiekster, Steve Hofmeyr, gaan op Vrydag, 26 April saam met drie van sy musiekvriende – Demi Lee Moore, Riana Nel en Ricus Nel – van die grootste Country musiek sing in die Sun Arena van Pretoria.

Dié konsep is nóg ’n opwindende inisiatief deur Coleske Artists, wat onder meer verantwoordelik is vir Afrikaans is Groot en Classics.

Steve sê dat hy besluit het op die konsert omdat sy jongste Country-album, The Country Collection, onlangs platinumstatus bereik het en vir meer as drie maande nommer een in die land is.

Konsertgangers sal onder andere kan uitsien na Steve se trefferduet met Demi Lee, Amanda, wat soos ’n veldbrand in die sosiale media versprei het.

“Ons gaan jou gunsteling Country liedjies vir jou sing. Kry jou kaartjies vir ’n afspraak met my en Amanda,” het Steve gesê.

“’n Paar van jou gunsteling kunstenaars met ’n paar van jou gunsteling Country-liedjie. Jy wil dit nie mis nie,” vertel Riana Nel.

Kaartjies vir die konsert, wat met trots ondersteun word deur Laeveld Acgrochem, is nou by Computicket beskikbaar en wissel tussen R175 en R295. Klik hier om kaartjies aanlyn te koop.