Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Heidi ‘kleur tussen die lyne in’

FOTO: Verskaf

Ná die sukses van haar debuutalbum, Wat ’n Hart Laat Lag, is Heidi terug met ’n splinternuwe enkelsnit.

Tussen Die Lyne, wat geskryf is deur Emil Struwig en vervaardig is deur Werner Beukes, beloof om luisteraars se harte warm te laat klop en oud en jonk na die dansbaan te lok.

KLIK HIER EN LAAI DIE LIEDJIE AF

’n Musiekvideo van die liedjie, wat deur Christian Wolf van Brickwolf Creatives vervaardig is, is ook onlangs uitgereik en al meer as ’n 1000 keer gekyk.

Heidi se debuutalbum is vroeër vanjaar ook vir ’n gesogte kykNET Ghoema-musiektoekenning benoem.

Kyk die musiekvideo hier: