Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Manie Jackson sluit die jaar ‘op ’n hoë noot’ af!
Nuus

Manie Jackson sluit die jaar ‘op ’n hoë noot’ af!

Redaksiespan23 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Manie Jackson se gewildheid vier hooggety en sy loopbaan stoom voortdurend tot nuwe hoogtes voort. Sy vars nuwe album, Op ’n hoë noot doen die titel uitstekend gestand en is van omslag tot omslag gevul met eersteklas musikale beder.

Hierdie album beslaan ’n keurige versameling van Afrikaanse en Engelse liedjies – van immergroen bekendes to blinknuwe skeppings. ’n Hele vyftien snitte met nagenoeg ’n uur se vermaak wat enige iets van kontemporêre stukke, tot country, tot goue oues en selfs ’n paar geestelike items insluit.

Die oorspronklike werke op die album wissel van dieper en meer ontspanne snitte soos Donker hart, Vrou uit ’n miljoen en Goeie genade tot dansbare liedjies soos Santa Maria en Lief en lewe, sowel as ’n lekker country-jodel-bederf in die vorm van Onthou se jodel – iets wat jou sommer goedsmoeds na jou beste paar two-step-skoene sal laat gryp!

Dekweergawes sluit fantastiese uitvoerings van Gé Korsten se Liefling, Al Martino se Blue Spanish Eyes, Pedro Infante se Cuccurucucu Paloma en Bobby Vee se Take good care of my baby in. Verder is twee aangrypende geestelike snitte ook op die album bygewerk – die bekende Praat ek mense eng’le tale en Die Onse Vader – ’n unieke toonsetting op For auld lang syne se wysie.

Die Hemel weet – Manie se duet met sy held, die toe sewejarige Keagan Rossouw – is ’n juweel wat hartsnare behoorlik sal prikkel. Keagan lei aan ’n rare beenmurgsiekte en is ook gehoorgestrem, maar laat geensins toe dat dit ’n demper plaas op sy merkwaardige sangtalent nie.

Op ’n hoë noot is ’n diverse album wat ’n ryke verskeideinheid musiek in ’n spog-vertoonkas verpak – een wat ’n gereëld besoekte hoekie in jou musiekversameling moet beklee!

Die album is nou landwyd en digitaal beskikbaar. Luister die album op Apple Music hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.