Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»4Werke is terug met ’n ‘4 by 4’!
Nuus

4Werke is terug met ’n ‘4 by 4’!

Redaksiespan16 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

4Werke, Suid-Afrika se gunsteling gemengde viertal, is gerat vir selfs groter sukses met hul splinternuwe vrystelling,4by4 – ’n album wat slaggereed is om enige terrein aan te vat en die hoogste pieke te verower!

Hulle is elkeen groot Suid-Afrikaanse gunstelinge en topverkopers in eie reg, maar Ray Dylan, Liezel Pieters, Nicholis Louw en Elizma Theron span weer eens hul stemme saam vir ’n blinknuwe, energiebelaaide album wat selfs meer skop het as net die somtotaal van dié vier uitsonderlike talente.

Hierdie dertien snit album bars uit sy nate van eersteklas-lekkerkry met polsende ritmes wat liggaam en siel roer en ’n kleurryke vermenging van pop, techno, rock en selfs ’n tikkie country wat pasgemaak is vir dié vier se moeiteloos meesleurende harmonieë.

Die oorgrote meerderheid van snitte – soos die titelsnit, asook Hart, Hittete, Bietjie meer van jou en Ek soek nie jou lyf nie – leen hulself góéd tot ’n lekker vinnige dans, terwyl liedjies soos Voorbrand voor die vuur brand, Water in wyn en Gravitasie die tempo ’n bietjie ontspan, maar steeds die aansteeklike vuur van die album perfek behou.

Vier topklas Engelse bederwe – Naked van The Shires, Highland van One More Time, I totally miss you van Bad Boys Blue en die speelse, club-reggae Particula van Major Lazer en DJ Maphorisa – word geklee in 4Werke-oemf en draai die temperatuur van dié album selfs nog ’n kerf op!

Die album is ’n móét vir enige partytjie-deuntjieversameling en is nou landwyd beskikbaar.

Luister die album op Apple Music hier:

Kyk hier na die musiekvideo van Hart:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.