Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»PJ Pretorius se eerste enkelsnit is ’n ‘12 uit 10’
Nuus

PJ Pretorius se eerste enkelsnit is ’n ‘12 uit 10’

Redaksiespan9 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Eximia Digital

Die sanger PJ Pretorius, wat naam gemaak het tydens die tweede seisoen van die gewilde M- Net sangkompetisie, The Voice SA, het pas sy eerste enkelsnit uitgereik en beloof om iets beter te wees as wat verwag word.

Dié pop-rock liefdesliedjie, wat 12 uit 10 heet, is uit die pen van Renier Bester en gaan oor ’n jongman wat dol is oor ’n meisie wat nie in haarself glo nie en dit sy doel maak om haar te laat besef dat sy eintlik beter as die norm is vir hom. “Daar is soveel juweel-mense daar buite wat net nie glo dat hulle goed genoeg is nie. Dit is ’n bog storie, want vir elkeen is daar ’n maat wat glo en voel dat hulle die beste en mooiste is,” vertel die sanger.

PJ sê dat hy juis op die liedjie besluit het omdat hy ’n boodskap tuis wil bring by mense dat elkeen goed genoeg is en dat almal iets werd is. “Ek dink die publiek gaan dit geniet en maklik daarmee kan vereenselwig, juis omdat elkeen van ons maar met ons insecurities loop.”

Die liedjie wat nie net ’n mooi boodskap nie, maar ook ’n lekker wysie het sal sommer gou in jou kop kom vassteek en volgens PJ wil hy hê dat die luisteraar lekker, gemotiveerd en geïnspireerd voel.

Luister hier na ’n voorskou:

’n Musiekvideo vir die liedjie, wat deur Luther van der Watt van AVC Studios opgeneem gaan word is ook in die pyplyn, maar hieroor wil PJ nie veel meer verklap nie.

PJ Pretorius (27) van Secunda se liefde vir musiek het by die huis ontstaan waar hy gereeld saam met sy ma en suster gesing het. In 2013 het hy as bedieningsleier by die kerk aangesluit en is vir die afgelope drie jaar aktief in die musiekbedryf betrokke.

Die sanger som sy stem en styl op as uniek met diepte en vertel dat hy nie oor iets spesefiek skryf nie, eerder oor iets wat sy hart roer. “Ek is ’n softy vir ballads, enige iets wat jou hart roer. Dieselfde kunstenaars wat my inspireer se werk het maar ’n invloed gehad op my musiek,” sê hy.

Kunstenaars soos Elvis Blue, Jesse Jay en Riana Nel inspireer hom en hy sal graag eendag saam hulle wil werk. Sou musiek egter nie vir hom beskore gewees het nie, sou hy graag ’n sjef wou wees en vertel dat dit baie ontspannend is. “Jy kry ook kans om iets te skep. Natuurlik is ek ook lief vir lekker eet.”

Sy gunsteling-musiekaanhaling deur Johan Kelber lui as volg: “Music is the closest humans come to touching divinity.” En volgens die sanger het die musiekbedryf hom geleer dat niks verniet kom nie. “Dit behels baie harde werk en dryfkrag van jouself af. Dit is van absolute kardinale belang om ’n sterk wenspan te hê wat agter jou staan.”

En wat weet sy aanhangers nie van hom nie? “Ek het nie ’n gunsteling kleur nie, dit wissel gedurig,” skerts hy. Hy is eintlik ook ’n introvert en het ’n fobie vir te min mense. Verder vertel hy dat hy meer in homself moet glo. PJ sonder ook sy tyd in die topses van The Voice SA seisoen twee en sy album uit as die grootste hoogtepunte in sy loopbaan tot dusver.

Behalwe vir ’n eerste enkelsnit, kan aanhangers van PJ ook gereed maak vir ’n album. “Ek is besig met my album wat vroeg volgende jaar vrygestel gaan word en alles daar rondom. Verder probeer ek ook soveel as moontlik van my aanhangers gelukkig hou deur by soveel as moontlik plekke op te tree,” sluit hy af.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.