Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Jan Rhaap se nuwe album wys ‘wat is mens’ eintlik
Nuus

Jan Rhaap se nuwe album wys ‘wat is mens’ eintlik

Redaksiespan5 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Hierdie is wat gebeur wanneer ’n boer van die Noord-Kaap sy hart, rou en eerlik, oopmaak en lirieke én note neerpen terwyl die stof laag oor die werf seil en die hoop nie beskaam vir elke wolkie wat aankom in die verte nie. Sonder om stereotipies te word, kan jy wegskuil agter die waarheid dat die hart van ’n boer afhanklik en oorgelewer is aan genade en hoop en wanneer ’n boer sy hart oopmaak, dit eerlik en opreg is.

Ná sy ‘eerste kans’ wat hy die musiekbedryf aangepak het met sy debuut-album, Laaste Kans en die sukses van sy tweede album, Opge-Rhaap, is Jan Rhaap terug met ’n splinternuwe album, Wat Is Mens?

Weer eens sing hierdie plaasseun in jou hart in met sy sterk stem, eerlike lirieke, goeie verwerkings en oorspronklike liedjies. Dis verkeerd om mense te vergelyk, maar hierdie voel amper soos ’n moderne weergawe van Koos Dup. Musiek wat nog lank in ons harte gaan boer.

Die album is vol gelaai soos ’n skaaplorrie met oorspronklike musiek. Ramskilpad is ’n tong-in-die-kies liedjie, wat die vrouens (kamtig) nie mag hoor nie, wat oor ’n mannesamekoms handel. Met Byt Vas en Ruk Die Pleister Af maak Jan sy hart oop en sing van moed hou, vasbyt; vir die lewe asook die liefde.

Kyk die musiekvideo vir Ramskilpad hier:

 
Plattelandse Droom pas nie net perfek op die album nie, maar ook by hom as mens. As jy die Griekwaland se wêreld ken, sal jy weet dat dit reën is wat jou drome waar maak…

Vrede In My Hart is ’n treffer in wording wat tans ’n spieëlbeeld van Jan se lewe is. Die smag na ’n plek waar die stilte raas, weg van die stad se gejaag. Hier sing hy van iets waarna ons almal smag. Hy sluit af met ’n droom wat baie met hom deel; ’n Huisie In Die Bos.

Jan sing eerlike, oorspronklike musiek met goeie verwerkings, en al sou jy al die tegnologie van hom moes wegvat, gaan hy nogsteeds jou nostalgies laat word met die idee van liedjies wat jy om ’n vuur na kan luister met net ’n kitaar.

Jy sien Griekwaland. Jy voel die liefde en verlange. Die bietjie stout sit ’n glimlag op jou gesig, maar hierdie album wys jou hoe ’n boer jou hart kan sag sing en jy met elke liriek kan identifiseer op jou eie manier   – deur jou eie storie.

Hierdie album gaan jou hart se hande agter hom rug vasbind en wys, Wat Is Mens eintlik.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.