Musiekvideo vir Mariska se ‘Versekerseker’ hier

FOTO: Verskaf

Mariska se tweede enkelsnit, Versekerseker, vanaf haar album, Dankie is onlags bekendgestel en word reeds uitstekend deur radiostasies landswyd ontvang. Die musiekvideo wat deur Fathom Media vervaardig is, is nou ook bekendgestel.

Kyk die video hier:  

 
Die liedjie is ’n pragtige verhaal wat handel oor ’n baie mooi vriendskapsverhouding tussen man en vrou.  “Die vrou besef sy voel meer vir hierdie man as net goeie vriende en is opsoek na sekerheid en vastigheid in hulle verhouding. Sy wonder waarheen die verhouding gaan lei en ook of hy dieselfde wil hê uit die verhouding.  Sy wil graag hê dit moet ontwikkel in iets meer ernstig en in die lied vertel sy vir hom hoe sy voel,” gesels Mariska.

LEES OOK: Mariska stel tweede enkelsnit bekend

Haar album, wat hoofsaaklik oor die verskillende fasette van die liefde gaan, het ’n kontemporêre popklank en is die resultaat van ses jaar se harde werk.

Wanneer sy nie op die verhoog is nie, is sy hard besig met haar BA Sielkundegraad en meen dat sy ’n beroep in musiekterapie sou oorweeg het as sy nie self kon sing nie.