Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»2ndLife se nuwe enkelsnit en video ‘ontbloot sielsvrae’
Nuus

2ndLife se nuwe enkelsnit en video ‘ontbloot sielsvrae’

Redaksiespan1 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

2ndLife het pas ’n splinternuwe enkelsnit en musiekvideo, Wie Ek Is, bekendgestel. Hierdie liedjie en video met rou, emosionele woorde, deur een van Suid-Afrika se mees geliefde sangers, BOON, gaan verseker die hartsnare roer!

BOON ontbloot sy eie sielsvrae en lewenspad in die hoop om mense wat met soortgelyke storms in hulle lewens worstel te motiveer en te inspireer. “Die liedjie gaan oor daardie innerlike stryd met jouself.  Ek was op die verkeerde pad, maar toe ek besef ek moet my lewe verander, toe gebeur dinge wat net goed is met my. Vanaf die dag wat ek myself aanvaar het en van myself begin hou het was dinge anders,”sê BOON.

Hierdie pop/rock liedjie is geskryf en gekomponeer deur 2ndLife in samewerking met twee van Suid-Afrika se beste liedjieskrywers, Zanda Traut en Monica Maree en die lekker ritme en melodie gaan verseker in jou kop vassteek. Sean Manley van Manley Studios het gesorg vir die uitstekende vervaardiging van die lied.

Zanda sê: “Ek en Monica maak sowaar ’n wonderlike span!  Ons het vir BOON ontmoet en dadelik aan die skryf gekom. Hy het dadelik geweet dat hy ’n opgewekte, positiewe lied wou hê wat ander sal inspireer.  In gesprekke oor sy lewe kon ons agterkom dat hy duidelik nóú weet wie hy is, maar dat hy ook maar daardie stryd met homself gehad het om te bepaal wie hy is en of hou hy van wie hy is.”

Die musiekvideo is verfilm by Serengeti Estates, Kempton Park deur Cinastage Universal en word nou saam met die enkelsnit uitgereik.

Kyk die video hier:           

 
2ndLife het een doel voor oë en dit is om musiek te maak waarvan almal kan hou.  En hierdie liedjie is een van hulle wat sal hoop bring en nog groot hoogtes gaan bereik.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.