Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

’n ‘Sterker’ album vir Riana Nel

FOTO: Jacaranda FM

Die multi-platinum verkoper, Riana Nel, het onlangs die titel van haar jongste album, wat vroeg in die nuwe jaar vrygestel gaan word, op die Jacaranda FM-ontbytprogram Breakfast with Martin Bester verklap.

Riana het tydens die onderhoud gesê dat die nuwe album, Sterker, sal heet en het ook vertel dat sy ’n kranige reekskyker is. Haar obsessie tans is die dramareeks, Grey’s Anatomy.

Sy het ook haar treffer Jy Sal Weet regstreeks tydens die kuier gesing en dit is beslis ’n hoendervleis-oomblik.