Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Valeska Muller se musiekvideo is hier!
Nuus

Valeska Muller se musiekvideo is hier!

Redaksiespan29 Oktober 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Nic Billington

Valeska Muller se moderne popmusiekverwerking, Verdwaal Saam Met Jou, is gedurende September 2018 aan radiostasies landswyd uitgereik en aanhangers kan nie genoeg van haar unieke stem en musiekstyl kry nie!  

Sy trek aandag waarookal sy gaan en die liedjie bly in jou kop vassteek.  Die musiekvideo vir hierdie opgewekte dansnommertjie wat sy saam met Tertius Jacobs en Sean Butler geskryf het is pas bekendgestel en gaan jou asem wegslaan.

Kyk die video hier:

 
Die musiekvideo vir dié treffer is verfilm by Estate D’Afrique in Hartebeespoortdam. “Hierdie is ’n pragtige lied wat handel oor passievolle liefde en ek wou dit vasvang in die video. Ek wil verdwaal saam met die man van my drome, ek wil net wegraak vir ’n oomblik, sonder al die stres en geraas van mense wat ons pla. Tog iewers in ons impulsiewe avontuur van verlorenheid en rigtingloosheid, kom ek by my bestemming uit. In sy liefdevolle arms en oë vind ek myself, wat duidelik in die video vertolk word,” deel sy opgewonde.

Valeska en Nic Billington, wat die regie van die video hanteer het, het saamgewerk aan die konsep, terwyl Hannelie Burger omgesien het na die skoonheidsaspekte en Dane Hildebrandt die manlike hoofrol gespeel het.

LEES OOK: Valeska Muller stel pop-dansliedjie bekend

Die musikant, wat al negetienjaar in die musiekbedryf werk, sonder haar deelname aan die musiekrealiteitsprogram, Zing, uit as een van die hoogtepunte van haar loopbaan en meen dat haar plek in die Top 7 van die kompetisie vir haar baie deure oopgemaak het. ’n Tragiese ongeluk, gedurende ’n mediageleentheid vir die verhoogproduksie Sexy and the City, het amper haar droom verwoes, maar opgee was nie vir haar ’n opsie nie.

Sedertdien, het sy al hoofrolle gehad in verskeie verhoogproduksies, soos Richard Loring seGirl Talk, Sonsak Jolyt, Dance Mania, The Seven Wonders Show, The Awesome 80’s Show en The Lets Twist Again Show. Die blondekop is ook ’n bekende gesig op die kassie en het al in verskeie advertensies en programme, soos Generations, Roer Jou Voete, One Way enBinnelanders gespeel. Een van haar liedjies is ook gebruik as die temalied van die program, ’n Ster Vir My Bed, op VIA.

Verdwaal Saam Met Jou het ’n opgewekete en ritmiese deuntjie wat verweef is met interessante elemente en klanke, asook ’n indrukwekkende stem wat nie net van Valeska Muller ’n huishoudelike naam in dans- en kuierplekke gaan maak nie, maar ook die treffersparades van die land se grootste radiostasies gaan oorheers.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.