Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Brendan Peyper se nuwe album ‘laat dit maklik lyk’
Nuus

Brendan Peyper se nuwe album ‘laat dit maklik lyk’

Redaksiespan26 Oktober 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Sedert Brendan Peyper se verskyning op die Suid-Afrikaanse musiektoneel drie jaar gelede, stoom sy loopbaan met mening en tonne sukses, voort. Met sy eksplosiewe nuwe album, Dis Nie Sonde Nie, gooi hy selfs nóg kole by ’n reeds witwarm vuur.

Die onmiskenbare Brendan-vonk vloei sterk in die album se are, met polsende ritmes, liriek, melodie en harmonie wat jou in amper anthem-styl aanspoor om die lewe en liefde meer voluit aan te gryp en werklik te lééf.

Die dertien-snitte wat dit omvou dra elkeen hul gevoelens op die mou en borrel oor met aansteeklike energie, vryheid en perkeloosheid – die tipe ding wat jou sal optel in watter bui jy ookal is; jou opnuut sal laat besef dat dit als behalwe taboe is om een honderd persent jouself te wees en die mense en dinge wat jou hart gelukkig maak na te jaag.

Hoë tempo snitte soos die titelsnit, Maak die perde los, Jy laat dit maklik lyk, Klim jou Everest, Vir nou en Reg soos ’n roer word goed afgewissel met effens rustiger liedjies soos Mooi en Vat aan my, die Carpe Diem-snit, Die lewe’s te kort, en die tong-in-die-kies Af die plaas af, met die oorgrote meerderheid van snitte wat goed oorgehaal is om ’n dansvloer behoorlik blink te vryf.

Kyk die musiekvideo vir Jy laat dit maklik lyk hier:

 
Twee topklas Engelse bederwe is ook by hierdie album ingesluit: Brendan se indrukwekkende weergawe van John Parr se St. Elmo’s Fire (Man in motion) en ’n ietsie uit die vurige vyftigerjare, met sy Buddy Holly Medley, wat enige iemand met ’n hartklop, bínne ’n hartklop, hulle dansskoene sal laat afstof vir treffers soos Oh boy, That’ll be the day, It’s so easy to fall in love, Maybe baby en Johnny B Goode.

Dis Nie Sonde Nie is ’n album met soveel skop en lekkerkry dat jy die titel móéilik sal glo – een wat moontlik ’n luidspreker of tien gaan sien sneuwel, maar vir al die regte redes!

Die album is nou beskikbaar by jou naaste musiekwinkel en aanlyn. Luister dit hier op Apple Music:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.