Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Early B snoer kragte met Jack Parow en Justin Vega
Nuus

Early B snoer kragte met Jack Parow en Justin Vega

Redaksiespan22 Oktober 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Fathom Media

Die gewilde en bekroonde kletsrymer van Port Elizabeth, Early B, se spitsvondige lirieke en humoristiese musiekstaaltjies, het oor die afgelope paar maande groot opslae in die musiekbedryf gemaak en verskeie treffers opgelewer, waaronder sy mees onlangse suksesverhaal, Ben Ten.

Dié snit het nie net bo-aan die treffersparades van groot radiostasies gekuier nie, maar die skreeusnaakse musiekvideo is ook reeds deur bietjie meer as 250 000 aanhangers op YouTube gekyk.

Nóú is die talentvolle musikant terug met nóg ’n enkelsnitvrystelling vanaf sy nuwe album wat beloof om die sukses van die voriges te oortref! Potte, wat in samewerking met die multi-bekroonde kletsrymlegende Jack Parow en vervaardiger Justin Vega aanmekaar gesit is, is ’n baie interessante kombinasie van kletsrym en klubmusiek, wat dadelik in jou kop kom nesskop en jou lyf uitnooi om jou beste danspassies uit te voer.

Luister hier na ’n voorskou:

“Dis eintlik net ’n liedjie vol pret. Ek hou daarvan om mense te na te maak en in PE, wanneer ouens ’n dame sien wat lekker gebou is, sê hulle dit presies soos wat ek dit in die koor sing: ‘Daai kind het potte, whuh’. Dis al so ’n gewilde spreekwoord in die area, dat selfs die kinders dit gebruik,” vertel Early B.

“Ek wou net iets lig doen op die awesome ritme wat Justin geskep het. Almal het so ’n bietjie nodig om los te ruk, te dans en te lag. Daar is baie ernstige snitte op my album en dit was nodig om ligter liedjies ook in te bring om die balans te herstel.”  

Volgens die musikant, het hy en Jack Parow elkeen hulle eie gedeelte van die lirieke geskryf en het dié verwerking albei uitgedaag om uit hul gemaksone te tree. Iets wat beide baie geniet het. Oor die geleentheid om saam met groot name soos Jack Parow en Justin Vega te kon werk, sê hy: “Jack Parow is een van die kunstenaars na wie ek nog altyd opgekyk het. Sy kreatiwiteit is ongelooflik en sy besigheidskonsep is baie goed. Ons het voorheen saam musiek gemaak en ek kon lekker vibe met hom. Vir Justin het ek by ’n Emo Adams-vertoning ontmoet en ons het goed oor die weg gekom. Ek het hom oorgenooi vir ’n braai en hy het van sy beats gespeel. Toe ek hierdie een hoor, was dit vas vir my. Sy ritmes is baie internasionaal omdat hy sy hand regtig op die pols van sy bedryf het. Die res is geskiedenis.”

’n Lekker tong-in-die-kies musiekvideo word vir Potte beplan en dit sal heel moontlik in Port Elizabeth verfilm word deur Slice of Life Productions saam met wie Early B al voorheen gewerk het.

“Ons beplan om in November te skiet en dan in Desember vry te stel omdat hierdie so ’n lekker vakansieliedjie is. Omdat my musiek nie gewoon is nie, wil ek ook hê die video moet anders wees en daarom gaan geen bekende plekke in die tonele gebruik word nie,” verklap hy.

Early B, oftewel Earl Swartz, is bekend vir sy vlymskerp humor en sielvolle sosiale kommentaar. Die kunstenaar (29) het, oor die afgelope nege jaar, ’n gereelde gesig geword by van die land se grootste feeste en konserte, soos die KKNK. As akteur, het hy ook al verskyning gemaak in plaaslik-vervaardige televiereekse soos Hotel Songololo en Kniediep in Kookwater. Hy is veral bekend vir sy treffer, Cerebellum, wat nie net aan hom ’n Ghoema-toekenning besorg het vir Beste Hip-Hop-liedjie in 2017 nie, maar ook verskeie weke bo-aan die kletsrymtreffersparades van verskeie groot radiostasies gepronk het.  

Jack Parow, oftewel Zander Tyler, het bekendheid verwerf vir sy liedjie Cooler as Ekke wat in 2009 uitgereik is en onmiddellik opslae gemaak het. Verskeie suksesvolle albums, musiektoekennings en treffers, asook ’n brandewynhandelsmerk (Parow Brandy) later, is sy loopbaan steeds besig om te groei en is hy heel in sy noppies om deel te wees van hierdie projek.

Justin Vega is ’n bekende platejoggie en musiekvervaardiger van die Kaap, wat sy passie uitleef deur unieke ritmes bymekaar te bring en musiek met ’n vars aanslag te benader. Hy is ’n gesoute musikant, wat net so vaardig is agter die dromme en klavier as agter die klankbord, en het ’n groot voorliefde vir Jazz.

Potte, wat in Augustus 2018 vrygestel is, is reeds baie goed deur die publiek ontvang. “Dit het in die eerste paar weke sommer ’n “gunstelingster” gekry op iTunes, wat beteken dat die publiek dit goed aanvaar en kies om meer te speel. Ek deel letterlik elke dag omtrent drie video’s van mense wie my tag op sosiale media waar hulle die liedjie speel en dans. Dis presies wat ek wou hê,” deel die kunstenaar trots oor sy nuutste vrystelling.

“My ma mag my dalk ’n bietjie snaaks aankyk, maar ek glo dis die perfekte liedjie vir die tyd van die jaar en dat die jonger generasie dit veral sal geniet,” voeg hy by.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.