Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»’n Enkelsnit met ’n Ierse klank vir DECA
Nuus

’n Enkelsnit met ’n Ierse klank vir DECA

Redaksiespan20 Oktober 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die musikale groep, DECA, het lank nie meer enige bekendstelling nodig nie.  Hulle dagboeke is propvol optredes wat hulle regoor die land neem, beide is passievol oor musiek en hulle verras gereeld met nuwe musikale meesterstukke.

Sedert hul debuutalbum, Black Sails, eksperimenteer DECA reeds met ’n wye verskeidenheid klanke en style – van pop tot folk. Dis egter die Ierse aanslag wat hul die naaste aan die hart lê. Die nuutse enkelsnit vanaf hul tweede album, II, verken hierdie genre verder. St. Paddy’s Jig is ’n vars kombinasie van viool, kitaar, en ’n nuwe toevoeging tot die DECA-klank – die mandolien.

Luister hier na ’n voorskou:

“Waar ons ook al optree kan ons onmiddellik ’n verskil in die energie van die gehoor bespeur wanneer ons ’n Ierse snit speel,” vertel Douw en Herman. Die manne glo dat Ierse musiek ’n sekere kwaliteit het wat die gees lig en onwillekeurig die voete laat jeuk. St. Paddy’s Jig, ’n oorspronklike DECA-komposisie, is geen uitsondering nie.

Die duo, wat in 2014 ontmoet het, bestaan uit ervare musikante, Herman Steyn (op die viool) en Douw Steyn (kitaar) wat saam al meer as sewe-en-twintig jaar se ondervinding in die musiekbedryf het. Douw is ook een van die mede-eienaars van die platemaatskappy, Son Records, wat in 2015 gestig is saam met William de Bruin.

DECA is gebore uit hulle gereelde saamspeelsessies en unieke folk-aanslag, wat baie goed deur gehore ontvang is. Die groep het ook reeds die verhoog met bekende kunstenaars gedeel en by verskeie funksies, bekendstellings en feeste, wat Aardklop insluit, opgetree.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.