Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Leon Gropp pen lied vir sy vrou

FOTO: Verskaf

Die bekroonde sanger, liedjieskrywer, kitaarspeler en nou ook aanbieder van die tydskrif-styl en televisieprogram, Ontbytsake, Leon Gropp, het pas ’n splinternuwe enkelsnit en musievideo, Jy In My Gedagtes, vrygestel.

Kyk die video hier:  

 
“Die lied is vir my vrou geskryf, en beeld ’n eenvoudige waarheid oor die egte liefde uit. Liefde wat sê dat ek waarskynlik sonder jou kan lewe, maar sonder die gedagte van jou, of jou in my herinnering sal ek nie klaarkom nie,” vertel Leon oor hierdie pragtige nuwe vrystelling van hom.

Die instrumentasie en verwerking  is doelbewus eenvoudig en gestroop gehou, want juis in daardie eenvoud lê die trefkrag van die lied. Dit is opgeneem by Beardedman Studios, en die vermenging en meester is behartig deur Reggie Labuschagne van Horizon Studio.

Leon Gropp is ’n Pretorianer en het die professionele wêreld van musiek amptelik betree as deel van ’n mansgroep, Hi-5, wat die land platgetoer het en selfs ’n optrede saam met Nataniël gehad in die Royal Albert Hall in London.

In 2007 het hy deel geword van die kitaarduo, CH2, wat oor die afgelope tien jaar ’n hele rits toekennings gewen het, waaronder Vonk-, SAMA- en Ghoema-toekennings vir Beste Instrumentele Album, en ook by die grootste feeste in die land opgetree het.  

Hy het ’n Woordtroffee vir sy konsep-album Rooidag (NP van Wyk Louw getoonset en gesing) ingepalm gedurende 2018.  Sy eerste solo-enkelsnit, en musiekivdeo vir Bakenlig is vroeër in 2018 vrygestel en pryk steeds op radiostasies se trefferparades landwyd.