Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»’n Nuwe fase vir Lianie May
Nuus

’n Nuwe fase vir Lianie May

Redaksiespan16 Oktober 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Willem Botha

Lianie May, wat reeds vir elf jaar in musiekliefhebbers se huise kuier, sê sy gaan volgende jaar ’n ‘nuwe fase’ betree.  

In 2019 kan aanhangers van dié sangeres uitsien na ’n nuwe Lianie wanneer sy haar kenmerkende country voorkoms vir ’n ‘mooi’ en ‘sexy’ voorkoms verruil.

“Ek is ’n boeremeisie en sal altyd een wees. Ek boer self, maar dis tyd vir ’n mooi en sexy look. Ek het baie inspirasie van Carrie Underwood en JLo gekry. Dis die eerste keer in my loopbaan dat ek my eie fotosessie en stilering kon doen, en dit was lekker,” vertel Lianie.

Die begaafde sanger en deesdae fotograaf, Willem Botha, het gesorg vir die pragtige foto’s. Bravo! het ook op stel ingeloer tydens die fotosessie en ’n uitsending is vir vroeg in Januarie 2019 geskeduleer.

Die nuwe jaar lyk ook heelwat rooskleurig vir Lianie. Nie net spog sy met ’n nuwe voorkoms nie, maar sien ook uit na die talle opwindende projekte wat in die pyplyn is .

Een van dié opwindende projekte is haar nuwe duet-album saam met Jay. Beste van J&L is eersdaags op die winkelrakke en bevat die gewildste treffers deur die duetpaar. Aanhangers kan ook uitsien na drie splinternuwe liedjies. ’n Musiekvideo vir een van die nuwe liedjies word ook vir later die jaar beplan.

Nóg ’n projek is die uitreiking van die enkelsnit, Roepstem. Dié snit wat op Die Gelofte-versamelalbum is, is geskryf vir die volk en raak elke Afrikaner diep. Die lied beloof om groter as Pretoria, ’n snit wat Lianie in 2008 beroemd gemaak het, te wees.

Lianie se dagboek vir volgende jaar is ook reeds oop, en diegene wat haar vir ’n vertoning wil bespreek sal moet spring. Skakel gerus vir Barry Lubbe op 079 149 3168 of stuur ’n e-pos aan info@lianiemay.com.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.