Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»JJ Stephens ‘koester’ ’n leeftyd se treffers op nuwe album
Nuus

JJ Stephens ‘koester’ ’n leeftyd se treffers op nuwe album

Redaksiespan5 Oktober 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

’n Beter titel kon JJ nie gekies het nie, want slaan jy die woord ‘koester’ na, vind jy sinonieme soos; om te vertroetel, te beskerm en veilig te laat voel. Dís presies wat JJ Stephens regkry met hierdie provolalbum. Ja, 40 snitte op twee CD’s, met liedjies wat koester, wat vertroetel en jou veilig laat voel.

JJ is een van daardie sangers wat nooit oud word nie, nooit moed opgee nie en nooit uit-die-mode gaan nie. Hy lê dalk nie elke dag (wel eintlik meer as wat ons dink) op die treffersparades nie, maar lê beslis diep in die harte van elkeen van sy aanhangers. Met sy oudtydse sjarme en absolute fluweelstem, tegniek en stembeheer, mag ons sê; JJ kan sing net wat hy wil – dit sál die oor koester.

JJ vertrek binnekort na Ierland op uitnodiging om ’n toer te doen ten bate van die Irish Foundation for Torture Survivors and Cancer. Hy gaan Ierland oorrompel met sy Neil Diamond-toer en gaan selfs in Dublin optree – ’n werklikheid wat vir menige kunstenaars maar net ’n droom sal bly.

Sy nuutste album, Koester, is styf gepak met treffer op treffer. Hierdie dubbel-album gaan jou vir ure besig hou met nostalgie, want as jy nie die woorde van die een liedjie uit jou kop ken nie, vertroetel die ander een jou hartsnare met herinneringe van ’n tyd toe dinge beter was.

Dis nie net covers nie, maar tussen die country-dans-treffers is ook nuutskeppings geweef wat nie terug staan vir die liedjies wat die toets van tyd deurstaan het nie. Wat Ek Van Jou Wil Hê waar hy self die pen met befaamde Byron Kuntz gedeel het, gaan jou laat draai en draai op die dansvloer. I’m A Believer saam met vriend, Ernie Bates wys dat JJ nog nie sy rocker-era-skoene uitgeskop het nie! Amadeus Leef is ’n verrassing op die album wat die kontras tussen Mozart se musiek en ons menslike liefde wat voortleef bind – veral met hierdie deuntjie wat slim note leen uit Mozart se Eine Kleine Nagmusik.

Moeg Geploeg en Siener van Rensburg gaan jou boerehart se snare roer… net om dan CD twee (onthou, hierdie is ’n dubbelalbum) in te sit waar die pret eers begin.

Die liedjies is net so groot en bekend soos sy stem en sjarme. Treffers soos Blue Train, He’ll Have To Go, Sweet Caroline, Help Me Make It Through The Night en Beautiful Noise is ook op die album ingesluit.

Wat Ek Van Jou Wil Hê is dadelik ’n juweel en ‘Koester’ die album. Hy gaan jou vertroetel en laat veilig voel as deel van country en wêreldmusiek se erfernis.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.