Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Elme Churr se nuwe snit gaan die ‘liefde laat blom’
Nuus

Elme Churr se nuwe snit gaan die ‘liefde laat blom’

Redaksiespan3 Oktober 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die sangeres Elme Churr se splinternuwe enkelsnit, Jy Maak Dit Moeilik, is pas uitgereik, en dit is ’n snit wat so na aan haar hart lê.

Dié liedjie wat oor die liefde handel en oor daardie Sondagaand-gevoel van wanneer niks jou na iets laat verlang, is geskryf deur Vaughan en Nerine Gardiner. “Dit gaan oor daardie een persoon wat dit moeilik maak om sonder te wees,” vertel Elme. “Die storie is kinderlike opgewondenheid, geluk, verlange binne konteks van die liefde in ’n verhouding,” voeg Elme by.

Elme en Vaughan het vooraf vergader en gesels oor die rigting van haar volgende paar enkelsnitte asook die album in geheel. Dit is toe duidelik dat folk/pop die rigting sal wees. Met groot opgewondenheid het Nerine en Vaughan die projek aangepak. Vaughan sê dat inspirasie organies ontkiem het uit Nerine se hart en dat hul geïnspireerd was deur die rigting waarop hul besluit het vir die album, sowel as Elme se unieke stem.

Volgens Elme het die liedjie haar gekies, in plaas daarvan dat sy die liedjie gekies het. “Hierdie lied lê na aan my hart omdat ek in my nabye kringe hierdie liefde kan sien en voel, soos in my eie huwelik en vriende sin.”

Elme sê dat die publiek opgewonde en positief oor die liedjie gaan wees omdat dit ’n vars uitkyk op dit wat werklik saak maak, met ’n energieke interpretasie in ’n vrolike stemming bevat. “Hierdie lied se lirieke resoneer diep binne in jou hart, maar is ook net lekker musiek om na te luister ongeag die stemming,” vertel sy. “Ek wil hê elke luisteraar moet net vir ’n oomblik kan ontspan, luister en glimlag.”

’n Musiekvideo vir die liedjie is ook reeds opgeneem deur Francois Slabbert, maar Elme wil nie te veel verklap daaroor nie. “Ek kan wel sê dat my man, my beste vriendin en haar man in die video te sien is.”

Die musiekbedryf het haar geleer om konstant innoverend te wees, maar tog eg in wie sy werklik is. Oor haar grootste uitdaging vertel sy: “Ek sal sê selftwyfel, veral toe ek my eerste paar liedjies self moes skryf. Ek’t regtig nie geweet waar om te vat en waar om te los nie. Dit het my geleer dat dissipline, uithouvermoë en ’n konstante ritme van probeer die ekwivalent is van sukses.”

Elme is tans besig om aan haar nuwe album te werk en hoop om dit vroeg in 2019 vry te stel. Haar planne vir die toekoms is om soveel as moontlik mense te bereik met haar musiek en dan sal sy ook graag in die Royal Albert Hall wil optree. “Die belangrikste vir my is om mense se lewens te verryk en ’n verskil te kan maak,” sluit sy af

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.