Zita Pretorius se nuwe snit vertel oor ‘liefde se seer’

FOTO: Verskaf

Ná vier jaar se stilte keer die sangeres, Zita Pretorius, terug na die musiekwêreld met ’n kraakvars enkelsnit, Hoekom Maak Jou Soene Seer.

Dié snit uit die pen van die bekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer, is ’n emosionele wond wat handel oor die bitter seer waarmee baie mense hulle kan vereenselwig. “Die liedjie gaan jou laat wonder waar is daardie rooskleurige liefde heen? Dit gaan oor die stryd om teen oppervlakkige woorde en leë beloftes te stoei. Daar is talle vrae sonder antwoorde, soms so onregverdig en sommer bitter seer,” vertel die sangeres.

Volgens Zita dra haar nuutste enkelsnit die stempel van kontemporêre, klassieke varsheid. “Hierdie enkelsnit bied klankvernuwing in Afrikaanse musiek,” sê sy.

Hoekom Maak Jou Soene Seer is vervaardig deur Murray Lubbe en verder klassiek-gepoets met groot stryk- en orkesverwerkings deur Maestro Eddie Clayton. “Dit is ’n reuse produksie waarby van die land se beste musikante betrokke was.”

Die liedjie is binnekort op digitale platforms. Kyk intussen die musiekvideo hier: