Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Michael Blignaut bederf met ’n liefdesballade
Nuus

Michael Blignaut bederf met ’n liefdesballade

Redaksiespan25 September 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Fathom Media

Michael Blignaut glo, net soos Jimi Hendrix, dat musiek jou moeiteloos kan laat goed voel oor die lewe. Sy eerste enkelsnit, Naglig, is die perfekte bewys hiervan. Dit is ’n kombinasie van mooi liefdeslirieke en ’n lekkerluister-wysie, wat beloof om die luisteraar te laat wegstap met ’n ekstra huppel in die stap en ’n opgewekte vrolikheid in die hart.

Dié dertig-plusser se eerste liefdesballade is geskryf deur Vaughan en Nerine Gardiner en gaan oor daardie spesiale iemand wat weer liefde en geluk in jou lewe kan bring. “Toe ek besluit het dat dit tyd was om ’n enkelsnit op te neem, het ek by Vaughan Gardiner gaan aanklop vir hulp. Ons het uit die staanspoor goed oor die weg gekom en dit was net ’n plesier om saam met so ’n professionele en musikale genie te kon werk,”sê die sanger oor Naglig wat by Muse Productions se ateljee opgeneem is.

“Ek hou van lirieke wat ’n mooi storie vertel en glo dat die meeste ouderdomsgroepe by my eerste liedjie sal aanklank vind. Ons, as mense, is tog van liefde aanmekaargesit. Ek glo ook dat liefde vir geen twee persone dieselfde is nie en as jy na ’n liefdesballade luister, maak dit verskeie emosies in jou wakker wat jou op daardie oomblik laat goed voel.”

Luister hier na ’n voorskou:

’n Musiekvideo van die snit word ook vir later vanjaar beplan, maar daaroor wil die ster nie veel meer verklap as dat die produksie deur Jay Loots van Fathom Media behartig gaan word nie. “Ek is baie positief oor Naglig. Dit het ’n sterk boodskap en die koor nooi jou uit om saam te sing. Dis tog waarvan mense hou as hulle ’n liedjie op die radio of televisie hoor,” gesels hy.

Michael het in Piet Retief grootgeword en sing al van kleins af Danie Botha se liedjies saam met die radio. Alhoewel hy gereeld aan skoolkonserte deelgeneem het, het hy eers later in sy lewe besluit om sy musiektalent ’n kans te gee. Hy het aan verskeie kompetisies deelgeneem, waaronder Ons Soek Die Sanger, The Voice SA en Die Kontrak, maar sonder veel sukses, omdat dit nie die regte tyd was nie.

Na skool het hy Besigheidsbestuur en Toerisme studeer by die Tshwane Universiteit van Tegnologie waarna hy sy ouers gaan help het by hulle restaurant en gastehuis, wat later uitgebrei het. Hy was egter nooit van plan om sy musiekdroom heeltemal prys te gee nie en het besluit om deel te word van ’n musiekgroep met die naam MP5, wat oor naweke by funksies en troues musiek maak. Dié groep het ook al die geleentheid gehad om twee keer in Mozambiek op te tree en die gehore het dit baie geniet.

“Ek het grootgeword in ’n huis waar musiek altyd gespeel en geniet is. Beide kante van my familie is musikaal, maar ek dink die grootste invloed is my ma se oorlede pa wat verskeie musiek instrumente kon speel en ’n ware musikant in eie reg was. Musiek is dus in my bloed,” verklap hy. Verder is hy ook baie betrokke by sy kerk se lofsangbediening en by sy ouers se besighede.

As hy enige ander loopbaan moes kies, sou hy ’n mediaskakelbeampte wou word, omdat hy die vermaakbedryf baie interessant vind, maar verklap dat hy ook graag sy eie mansklerereeks sou wou hê. Wanneer hy nie sing nie, geniet hy dit om te reis en beplan juis om Desember ’n bietjie weg te breek Maldives toe. Hy luister ook graag na ’n wye verskeidenheid musiek, maar sonder Riana Nel, Dewald Wasserfall, Michael Bublé, Celine Dion, Calum Scott en Adam Levine uit as sy gunstelinge. As hy eendag die geleentheid kry, sou hy ook graag saam met kunstenaars soos ADAM, Caroline Grace en Monique Steyn wou werk. “Daar is so baie inspirerende mense en vriende na wie ek opkyk in die bedryf, soos Ramey Short wat nie toegelaat het dat sy verlede sy toekoms bepaal nie, en ek leer baie by hulle,” sê hy.

Die musiekbedryf het vir Michael Blignaut geleer om positief te bly, hard te werk vir wat hy wil hê en getrou te bly aan wie hy is. Naglig is die perfekte kombinasie van treffende lirieke en ’n meesleurende melodie, wat sy stem soos ’n handskoen pas. As dié treffer enige aanduiding is van wat hy beplan, wag daar voorwaar ’n blink toekoms op hierdie talentvolle kunstenaar in die musiekwêreld.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.