Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Revue-ster het internet aan’t gons
Nuus

Revue-ster het internet aan’t gons

Redaksiespan20 September 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Joshua Ziervogel (8) het sosiale media aan die gons nadat hy onlangs in Lefra Produksies se Revue 2018 opgetree het as deel van Laerskool van Riebeeckpark se revue, Riebies Diner.

Hierdie revue was die enigste junior revue wat deurgedring het na die finale afdeling van Revue op 12 September 2018 by Carnival City se Big Top Arena.  Die ander laerskole wat deurgedring het na die finaal is Laerskool Baanbreker van Boksburg, Laerskool Hennopspark van Pretoria en Laerskool Vastrap van Rustenburg.  Die beoordelaars is Lizz Meiring, Duane Williams en Helene Bester.

Frans Swart, regisseur van Revue het bloot toevallig een aand ’n videogreep van klein Joshua se optrede op Facebook geplaas met die inskrywing: “Die enetjie het die show gesteel vanaand. Te blerrie cute!” Binne ’n dag het meer as 50 000 mense die video gesien en het dit vining begin aanstuur. Tans het meer as 341 000 mense na klein Joshua se optrede gekyk.

Kyk die videogreep hier:

 
Swart sê dat hy nie eintlik verbaas is nie. “Ek is al 40 jaar in die vermaakbedryf en talent soos Joshua spring dadelik na mens toe uit. Toe ek die mannetjie sien sing, dans en optree, het ek onmiddellik besef dat hier ’n nuwe ster in Suid-Afrika gebore word. Natuurlik is mens altyd baie verbaas as die publiek skielik so reageer en dan besef jy ook dat jou oordeelsvermoë jou ook nie in die steek gelaat het nie. ’n Mens moet hom op die verhoog beleef om werklik sy talent te kan waardeer.”

Joshua se ouers, Marna en Allan Ziervogel, meen hy moet net normaal groot word en die oulike seuntjie bly wat hy is. “Joshua het verlede jaar in Laerskool Van Riebeeckpark se koor begin sing.  Vanjaar is hy vir die revue gekies en dis waar alles begin het,” sê Marna. “Dis ’n baie interessante tyd in ons lewe. Ons is nie baie groot op sosiale media nie en baie van ons ou vriende het weer kontak gemaak en ons vertel wat in ons eie kind se lewe aangaan. Ons almal het in kore gesing, maar nie een van ons is sulke performers soos Joshua nie. Hy het ’n ouer boetie, Mitchel (19) en ouer sussie, Tneill (21).  Tneill is sy grootste aanhanger. Ons gesels tans met Lefra Produksies oor ’n moontlike bestuurskontrak vir Joshua en sal maar sien hoe dinge ontwikkel vir hom. Vir nou moet hy egter net sy sang genie ten seuntjie bly,” sê Marna.

Die groot finale-afdeling waar die wenners aangewys gaan word, word op 12 September 2018 in die Big Top Arena van Carnival City aangebied en begin om 18:00. Vier finaliste in die Laerskole afdeling en vier finaliste in die Hoërskole afdeling sal meeding om die titel van algehele wenner van Revue 2018. Kaartjies vir die finale kan by elke individuele skool bespreek word of ook by Computicket by 0861 915 8000.  Meer inligting is ook beskikbaar op www.revues.co.za.

Revue 2018 word aangebied met die vriendelike samewerking van Carnival City, Stuttaford van Lines, RSG, Hollywood Costumes en Sounds Good.

Die finaliste in die Laerskole Afdeling is:

  • Laerskool Baanbreker van Boksburg
  • Laerskool Hennopspark van Pretoria
  • Laerskool Van Riebeeckpark van Kempton Park
  • Laerskool Vastrap van Rustenburg

Die finaliste in die Hoërskole Afdeling is:

  • Hoërskool Die Anker van Brakpan
  • Hoërskool Jeugland van Kempton Park
  • Hoërskool Menlopark van Pretoria
  • Midstream College Hoërskool van Centurion

Tydens die finale word daar ’n wenner in die Laerskole- sowel as die Hoërskole Afdelings aangewys. Hierdie twee wenskole ding dan met mekaar mee vir die prys as algehele wenner van Revue 2018! Skole kan kontantpryse van meer as R36 000 wen. Die organiseerders van die wen-laerskool en wen-hoërskool wen ook ’n vaart op Lefra Produksies en RSG se Oppiwater Kunstefees wat van 15-19 April aanboord die MSC Musica aangebied word. Die algehele wenner wen ook een van Lefra se uitstekende produksies waarmee die skool fondse kan insamel.

Vanjaar se beoordelaars is Lizz Meiring, Helene Bester en Duane Williams. Die aanbieder is Sue Pyler en die regisseur Frans Swart.

Revue 2019 sal weer volgende jaar in Augustus en September by Carnival City aangebied word.  Om in te skryf, of om inligting te bekom, skakel Monica by (011) 815 3000 of e-pos aan admin@lefra.com.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.